ANDERSE WILDSPASTEI
Vir Vrouedag het ek besluit om ‘n anderse Wildspastei gemaak.
4 groot aartappels
500 g wilds steak in blokkies of repies gesny
3 middelslag uie
1 pk sampioensop poeier
750 ml melk
gerasperde kaas
speserye na smaak
bietjie olie om in te braai
Was aartappels goed skoon en sit in ‘n pot met sout en roosmaryn takkies en kook tot sag.
Braai uie en wildsvleis steak met olie en speserye waarvan jy hou.
Bring melk tot kookpunt en voeg sop poeier by en kook totdat sop verdik het.
Plaas aartappels onder in bak of bakkie soos jy verkies. Ek het aartappels skil en al gebruik en net oop gesny.
Sprinkel bietjie aromat bo oor aartappels. Sit nou ‘n stukkie botter bo-op aartappels.
Skep so bietjie van sop mengsel bo-op en dan vleis en uie.
Laastens weer sop mengsel en kaas. Sit in warm oond en bak totdat kaas gesmelt het. Geniet.
Resep en Foto’s: Ronel Muller Thoma