HEERLIKSTE SOET SUUR LEWER MET ELAND LEWER
1 kg lewer, in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
50 ml bruinsuiker
10 ml heuning
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
10 ml mosterdpoeier
250 ml hoender aftreksel
50 ml meelblom
10 ml sout
Skud die lewer in ‘n plastieksakkie met die meelblom en sout.
Braai lewer vinnig bruin in olyfolie en hou eenkant.
Soteer uit tot sag en voeg by res van bestanddele.
Laat prut minuut of twee. Voeg lewer by.
Plaas in oondskottel en bak teen 160°C vir 30 minute.
Net voor opdiening voeg 25 ml brandewyn by, opsioneel.
Nota: Vir bietjie ekstra kleur kan daar ook ‘n klein gekapte rooi soetrissie saam met die uie gebraai word.
Resep: Rudi Basson