

PETRE SE WILDSPASTEI
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Gisteraand se ete:
Wildspastei, Basmati rys, Gebakte Aartappel, Gestoofde Perskes, Skorsie met botter en fyn neutmuskaat, en gravy.
2 liter roomysbak gaar wildsvleis van die been afgekook en fyn
250 gr varkspek in blokkies gesny
½ koppie rooiwyn
Sout, grofgemaalde swartpper en fyn naeltjies na smaak
2 medium uie gekap
¼ koppie blatjang
¼ koppie asyn
1 pakkie bruin uie soppoeier/ stew mix
1 pakkie oxtail soppoeier/ stew mix Continue reading
Category Archives: Wild / Venison
KOOS SE WILDS POTJIE OP DIE STOOF



KOOS SE WILDS POTJIE OP DIE STOOF
Ysterpot op die stoof
3 groot uie, gesny en toe gebraai saam met vark spek
Uie uit gehaal en in ‘n bakkie gelos.
2 kg wildsvleis gebraai. ‘n Paar stukkies op ‘n slag net om te seël.
Stoofplaat se hitte af gestel na no 3 en al die vleis in gegooi.
Vir 3 ure laat stoom-kook geen water in die pot gegooi nie.
Voeg by:
32 gram sout
2 gram nutmeg
3 gram naeltjie
2 gram swart peper
5 gram koljander Continue reading
HEERLIKE SONDAG “POT ROAST”


HEERLIKE SONDAG “POT ROAST”
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
Sondag middagete in wording, pot roast ,springbok bladtjies,porkbelly en pork fillet,
Vleisie gesmeer met sap van 1 suurlemoen
Kruie gebruik:
1 teelepel koljander (gebreek en geskroeil)
½ teelepel fyn naeltjies
2 teelepels bbq speserye
1 teelepel fyn knoffel
‘n paar roosmaryn blaartjies
2 teelepels himalayamsout
½ teelepel peper
Meng alless saam vryf in vleis in en laat rus vir 1 uur.
Potbraai vleis in bietjie olyf olie tot bruin.
Voeg ‘n ½ koppie goeie rooiwyn by, laat kook stadig met deksel op. Voeg nog bietjie water by, kook tot vleisie sag is en braai verder.
Môre net aartappels braai,pampoenkoekies en broccoli met kaas sous as bykosse.
CHARLEEN SE WILDSVLEIS MENGSEL VIR PASTEIE



CHARLEEN SE WILDSVLEIS MENGSEL VIR PASTEIE
Foto en resep: Charleen Nieuwenhuizen.
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kg wildsvleis ( ek het n mengsel van eland, gemsbok en blouwildebees gebruik)
2 wortels, in klein blokkies gesny
1 seldery stingel, opgekerf
1 groot prei, opgekerf
1 groot ui, opgekerf
1 eetlepel vars knoffel
1 eetlepel tamatie paste
170 ml rooiwyn
600 ml beesaftreksel
2 teelepels elk Paprika, vars tiemie, origanum, koljander en komyn Continue reading
LUCAS SE WILDSBOUD IN ROOIWYN



LUCAS SE WILDSBOUD IN ROOIWYN
Dis n 2.5-3 kg boud.
Marineer dit in die volgende marinade:
500 ml bruin asyn
250 ml rooiwyn
4 lourierblare
5 ml swartpeper korrels
Meng alles en gooi oor boud in plastiese/glas bak.
Bedek en plaas in yskas vir 3 tot 4 dae.
Draai boud 2 x per dag om.
Haal boud uit. Voorverhit oond 180°C. Oondrak in die middel.
Vat 350 g spek, sny die spek so in 3 dele as dit repies spek is. Continue reading
KOOS SE GESTOPTE WILDSBOUDJIE



KOOS SE GESTOPTE WILDSBOUDJIE
Nou ja vanaand is Rugby 09h30 en dan 04h00 is die groot Boks. Die kinders en vriende gaan deurnag.
Ek is Besig met wilds pasteitjies sodat hulle kan eet deur die nag en my seun het gesien ek het die twee klein wilds boudjies gekry. Dit moet gaar gemaak word.
Ek het Vark spek gerook. Die twee boudjies gestop met daai gerookte vark spek. (soos op die foto… maak gaatjies met skerp mes en druk stukkies van die spek in elke gat) Sout en peper gegooi.
Toe sien ek Hans Häfner se post met daai vlak vark boude.
Net daar besluit ek om die boudjies ook toe te maak met spek (soos op die foto) steek vas met tandestokkies.
Binne in n toe oond bak gesit en op 140 grade C gebak vir 3 ure.
Die deklsels af gehaal en die Bacon mooi bruin gebak
Resep en foto: Koos van der Merwe
HANS SE SPIT VLAKVARK BOUDE



HANS SE SPIT VLAKVARK BOUDE
Vlakvarkboude gespit braai , het hulle eers so 8 ure in karringmelk laat lê.
Toe sout en peper goed ingevryf, gestop met spek en knoffel, met spek toegedraai en toegemaak in tinfoil.
Plaas in toe stainless rooster met ‘n deksel en ‘n termometer buite.
Braai 2.5 uur teen 180 – 200°C, laaste 15 minute haal uit die foil net om spek bruin te bak.
Bedien saam met ‘n mengelslaai, vars gebakte brood en ‘n aartappelgereg.
Foto en resep: Hans Häfner
KOOS SE WEGGOOI BENE PASTEIVLEIS



KOOS SE WEGGOOI BENE PASTEIVLEIS
Net weer om te wys. Daai bene wat mense so maklik weg gooi.
Ek het wildsvleis bewerk en na die bene skoon gesny is, het ek ‘n klomp van daai weggooi bene in ‘n pot gegooi sonder speserye en laat prut vir 18 uur baie stadig.
Al die bene is nou uitgehaal op die foto hier bo
Nou lyk dit so. Uie en speserye by gegooi en kook dit nou vir so ‘n uur.
Gooi alles in n skoon pot met uie by so 1 groot uie per kg vleis.
Sout = 16 gram p/k vleis,
Peper 2 gram p/k vleis.
Nutmeg so 1 gram en
Naletjies 1 gram p/k vleis.
Roer alles goed en laat prut vir n uur.. Moenie water by gooi nie
Laat dit afkoel.
Ek gaan wilds pasteitjie bak.
Ek koop die winkel skilferdeeg. Die vleis was wat ek af gekook het van die wilds bene af. Al wat ek gedoen het is om die vleis toe te rol soos n sausage roll en dan stukkies gesny. Eiers en melk gemeng. Die pasteitjie gesmeer en in die vrieskas gesit vir 30 minute. Die oond klaar warm op 160 grade en dan sit ek daai baie koue pasteie net so in die oond en bak tot goue kleur
Resep: Koos van der Merwe
Ida Bouwer:
Ek voeg fyn naeltjies, sout, pepper, bietjie komyn en knoffelvlokkies by.
KOEDOEFRIKKADELLE


KOEDOEFRIKKADELLE
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels
FOOD LOVERS RECIPES
500 g koedoe maalvleis (400 g koedoe en 100 g varkvleis)
Voeg die volgende bestanddele by:
1 fyn gerasperde ui
2 eiers
1 koppie broodkrummels
30 ml breyani spice
2 teelepels sout
½ teelepel swartpeper Continue reading
BROWN SPRINGBOK STEW


BROWN SPRINGBOK STEW
Brown springbok stew pieces in a little oil
add 2 bayleaf
small piece Star aneese
4 All Spice crushed
10 ml chopped rosemary
1 glass red wine
10 ml garlic/ginger paste
Cook on high heat adding a little water
Add one beef oxo block
Add another glass red wine
Cook meat until tender Continue reading

