


KOOS SE GESTOPTE WILDSBOUDJIE
Nou ja vanaand is Rugby 09h30 en dan 04h00 is die groot Boks. Die kinders en vriende gaan deurnag.
Ek is Besig met wilds pasteitjies sodat hulle kan eet deur die nag en my seun het gesien ek het die twee klein wilds boudjies gekry. Dit moet gaar gemaak word.
Ek het Vark spek gerook. Die twee boudjies gestop met daai gerookte vark spek. (soos op die foto… maak gaatjies met skerp mes en druk stukkies van die spek in elke gat) Sout en peper gegooi.
Toe sien ek Hans Häfner se post met daai vlak vark boude.
Net daar besluit ek om die boudjies ook toe te maak met spek (soos op die foto) steek vas met tandestokkies.
Binne in n toe oond bak gesit en op 140 grade C gebak vir 3 ure.
Die deklsels af gehaal en die Bacon mooi bruin gebak
Resep en foto: Koos van der Merwe






