


ROCKY ROADS MET ZOO KOEKIES
1 kg wit sjokolade
150 g zoo cookies, opgebreek
100 g klein wit en pienk Marshmellows
1 pak speckled eggs
1 1/2 koppie oat crunchies ontbyt pap
Smelt sjokolade in mikrogolf oond. (stadig, roer gereeld, pasop vir te lank en te warm lsat word) Meng res van bestanddele by behalwe speckled eiers. Voer glasbak uit met bakpapier. Maak seker daar is ekstra papier wat oor kante hang. Dit maak dit makliker om uit bak te haal. Gooi mengsel in bak. Gooi helfde van speckled eiers oor. Breek res van eiers met agterkant van lepel en sprinkel oor mengsel. Sit in die yskas vir so ongeveer 2 ure. Haal uit en sny in blokkies.
Resep geplaas en aangepas deur Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Charleen Nieuwenhuizen






