KOOS SE WEGGOOI BENE PASTEIVLEIS
Net weer om te wys. Daai bene wat mense so maklik weg gooi.
Ek het wildsvleis bewerk en na die bene skoon gesny is, het ek ‘n klomp van daai weggooi bene in ‘n pot gegooi sonder speserye en laat prut vir 18 uur baie stadig.
Al die bene is nou uitgehaal op die foto hier bo
Nou lyk dit so. Uie en speserye by gegooi en kook dit nou vir so ‘n uur.
Gooi alles in n skoon pot met uie by so 1 groot uie per kg vleis.
Sout = 16 gram p/k vleis,
Peper 2 gram p/k vleis.
Nutmeg so 1 gram en
Naletjies 1 gram p/k vleis.
Roer alles goed en laat prut vir n uur.. Moenie water by gooi nie
Laat dit afkoel.
Ek gaan wilds pasteitjie bak.
Ek koop die winkel skilferdeeg. Die vleis was wat ek af gekook het van die wilds bene af. Al wat ek gedoen het is om die vleis toe te rol soos n sausage roll en dan stukkies gesny. Eiers en melk gemeng. Die pasteitjie gesmeer en in die vrieskas gesit vir 30 minute. Die oond klaar warm op 160 grade en dan sit ek daai baie koue pasteie net so in die oond en bak tot goue kleur
Resep: Koos van der Merwe
Ida Bouwer:
Ek voeg fyn naeltjies, sout, pepper, bietjie komyn en knoffelvlokkies by.