

HEERLIKE SONDAG “POT ROAST”
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
Sondag middagete in wording, pot roast ,springbok bladtjies,porkbelly en pork fillet,
Vleisie gesmeer met sap van 1 suurlemoen
Kruie gebruik:
1 teelepel koljander (gebreek en geskroeil)
½ teelepel fyn naeltjies
2 teelepels bbq speserye
1 teelepel fyn knoffel
‘n paar roosmaryn blaartjies
2 teelepels himalayamsout
½ teelepel peper
Meng alless saam vryf in vleis in en laat rus vir 1 uur.
Potbraai vleis in bietjie olyf olie tot bruin.
Voeg ‘n ½ koppie goeie rooiwyn by, laat kook stadig met deksel op. Voeg nog bietjie water by, kook tot vleisie sag is en braai verder.
Môre net aartappels braai,pampoenkoekies en broccoli met kaas sous as bykosse.






