

RIANA SE LEKKER MOSSELPOTJIE
250 ml Dewfresh room
1 groot ui, fyn gekap
30 g botter
15 g vars pietersielie, fyn gekap
4 knoffeltone, fyn gekap
2 cm gemmer, fyn gerasper
sap van 1 suurlemoen
100 g vinkel, fyn gekap
15 ml botter
sout en peper
1.2 kg mossels
250 ml witwyn
800 ml rys, gaar gekook
80 g geroosterde neute
handvol gekapte pietersielie
15 ml Willow Creek basiliekruid gegeurde olyfolie
Begin met die sous:
Braai die uie, knoffel, gemmer en pietersielie in botter. Gooi die room by en laat kook vir ‘n paar minute. Geur met sout, peper en suurlemoensap.
Braai intussen die vinkel in botter saam met sout en peper vir so 5 minute. Verwyder van die plaat en plaas eenkant.
Stoom die mossels in die witwyn vir 4 minute en voeg dit by die roommengsel saam met die vinkel.
Braai die rys saam met die neute en pietersielie in olie vir ‘n paar minute.
Bedien met mossels bo-op die rys en vars pietersielie bo-op.
Resep geplaas deur Riana Havenga






