SOET SUUR SOUS VIR VLAKVARK
60 ml witasyn
50 ml suiker
1 ml sout
30 ml tamatiesous
200 ml pynappelsap of stroop van die blikkie gedreineerde pynappelstukkies
10 ml mielieblom
15 ml sonneblom of olyfolie
1 groterige wortel in repies gesny
1 groenrissie, in repies gesny
125 ml pynappelstukkies gedreineer
Meng al die bestandele behalwe die pynappel, rissie en wortel in `n kastrol. Roer en bring tot kookpunt. Roer gereeld en laat stadig prut tot dik en helder.
Verhit olie en roerbraai die pynappel, rissie en wortel in `n aparte pot vir so 3 min. Gooi dit dan by die sous.
Marinade vir vleis:
15 ml suiker
25 ml sojasous
5 ml sout
15 ml sjerrie
Sny vleis in repies of blokkies en marineer in marinade vir 30 min.
Meng 2 geklitste eiers en 100 g mielieblom by en roer goed deur. Braai in olie tot bruin en bros.
Pak die gaar vleisblokkies in die soet-suur sous en bedien.
Bedien saam met rys of Stywe Pap
Bron en Foto: Johan Du Preez Snr
wil graag die resep maak het blokkies vlakvark ….wil graag weet na marinade hoe lank moet vlakvark gaar gemaak word ?
Hallo Sarie
Die blokkies vleis word in olie gebraai tot bruin en bros, dit gan eintlik baie vinnig hang maar af hoe groot is jou blokkies.
Moenie teveel blokkies gelyk in die olie sit nie dan koel die olie af, so braai in porsies.
Dan pak jy dit in die soet suur sous wanneer dit gaar is en bedien. Hoop dit help.