SOET SUUR SOUS VIR VLAKVARK

SOET SUUR SOUS VIR VLAKVARK
60 ml witasyn
50 ml suiker
1 ml sout
30 ml tamatiesous
200 ml pynappelsap of stroop van die blikkie gedreineerde pynappelstukkies
10 ml mielieblom
15 ml sonneblom of olyfolie
1 groterige wortel in repies gesny
1 groenrissie, in repies gesny
125 ml pynappelstukkies gedreineer


Meng al die bestandele behalwe die pynappel, rissie en wortel in `n kastrol. Roer en bring tot kookpunt. Roer gereeld en laat stadig prut tot dik en helder.
Verhit olie en roerbraai die pynappel, rissie en wortel in `n aparte pot vir so 3 min. Gooi dit dan by die sous.
Marinade vir vleis:
15 ml suiker
25 ml sojasous
5 ml sout
15 ml sjerrie
Sny vleis in repies of blokkies en marineer in marinade vir 30 min.
Meng 2 geklitste eiers en 100 g mielieblom by en roer goed deur. Braai in olie tot bruin en bros.
Pak die gaar vleisblokkies in die soet-suur sous en bedien.
Bedien saam met rys of Stywe Pap
Bron en Foto: Johan Du Preez Snr