

DURBAN CHILLI BITES
1 ½ koppie kekerertjiemeel (chickpea flour)
½ koppies bruismeel
1 teelepel (5 ml) bakpoeier
1 eetlepel (15 ml) kerriepoeier – jy kan meer insit as jy wil
1 opgehoopte teelepel (7.5 ml) sout
1 tot 2 teelepels (5 – 10 ml) rissievlokkies
Roer alles saam. Voeg bietjie – bietjie water by tot die mengsel ‘n slap deeg vorm.
Skep met ‘n eetlepel in medium warm kookolie in en braai weers kante tot deurgaar.
Vir afwisseling voeg 2 van die volgende by:
1 groot gerasperde ui
1 groot gerasperde aartappel
1 groot groen soetrissie, fyn gekap
Bron: Albert Buitenhuis
Foto: http://www.chatsworthlive.com/chilli-bites-bhajias/






