

INGRID SE KNOFFELSOUS
1 eetlepel botter
2 eetlepels olie
2 eetlepels fyn knoffel, gekap
1 eetlepel meel
1 houer heavy room
2 eetlepels cream cheese
½ koppie parmesankaas
½ koppie beef stock Continue reading


INGRID SE KNOFFELSOUS
1 eetlepel botter
2 eetlepels olie
2 eetlepels fyn knoffel, gekap
1 eetlepel meel
1 houer heavy room
2 eetlepels cream cheese
½ koppie parmesankaas
½ koppie beef stock Continue reading→


WIETSKE SE HOLLANDSE APPELMOES
My Hollandse appelmoes moet eers koud word voor dit vrieskas toe gaan.
Ek skil en sny gewoonlik 2 pakke Granny Smith appels.
Dan so 200ml water, 2 etl. Suiker, kaneelstokkie en/of fyn kaneel, suurlemoenskil en sap, dan handvol Cranberries of gesnyde gedroogde appelkose.
Kook met deksel op, tot sag.
Ek hou daarvan as dit bietjie “grof” is.
Hou paar dae in yskas maar vries baie goed.
Mens kan enige hoeveelheid maak.
RESEP: Wietske Mioch Roux


INA SE PANNEKOEK SOUS
1 koppie water
1 koppie suiker
1 teelepel kaneel
1 teelepel margarien
Kook dit en verdik met mielieblom.
Gooi dit oor die opgerolde pannekoek.
Jy gooi soos gewoonlik jou kaneelsuiker oor en rol dan dadelik op. Pak in bak en gooi bietjie sous oor elke laag gerolde pannekoek.
Baie baie lekker.
Bron en foto: Ina vd Merwe Jooste


TAMATIES EN UIESMOOR MET ‘N TWIST
Wou iets meer probeer as die gewone. Braai 1groot ui in halwe sirkels gesny in bietjie olyfolie. Voeg sout en peper en so 1 tl suiker by. As uie amper gaar is sit ek 1 groot vet gherkin opgesny (eers in lengte en daarna soos jy wiele sou sny) daarin asook 1 groot tamatie ontvel en opgesny met 1tl worcestersous, 2tl chutney en Ina Paarman se garlic en herb na smaak en lekker genoeg Tabasco na jou smaak. braai stadig tot tamatie sag en amper fyn geprut is
Die gherkin gee n vars suur smakie en die Tabasco n tintel vir die tong. Ons gaan dit by ons boereworsrolle eet. Kannie wag nie
FOT EN RESEP: Wilma Batt

IDEES VIR KAASSOUS
Gerhard Kock:
Meng pakkie Cream of Chicken soppoeier met melk (hoeveelheid hang af v dikte). Laat kook op LAE hitte. Voeg gerasperde kaas by en laat smelt. Roer gedurig want dit brand maklik aan.
Anel EN-Manie du Preez:
Net gewone witsous met knippie mostertpoeier en neutmuskaat.
Loraine Peyper Viljoen:
Ek maak kaas sous as volg:
1 pakkie Knorr 3 cheeses sous
1 eetlepel koekmeel
2 eetlepels botter
melk van die Knorr sous soos op die pakkie of soveel nodig
1 koppie gerasperde kaas
Smelt die botter, haal pot van stoof af, voeg die koekmeel en souspoeier by en maak soos ‘n pasta, voeg melk bietjie vir bietjie by terwyl jy roer dat dit nie klonte maak nie tot al die melk bygevoeg is. Sit terug op die stoof en verhit terwyl aanhoudend roer, tot verdik. Verwyder van hitte en voeg so koppie gerasperde cheddarkaas by en roer tot gesmelt. Dis baie lekker!! Continue reading→


ENGELA SE BRUINSOUS
Rys, vleis, aartappels – en bruinsous:
Hierdie lekker bruinsous kan by enige vleisgereg voorgesit word, maar dit proe veral lekker by hoenderborsies of skaapboud en rys.Jy het nodig vir 4 mense:
2 eetlepels botter
1 eetlepel koekmeel
1 blokkie hoender- of beesvleisekstrak, opgelos in 1 koppie kookwater
sout en peper na smaak
Pasop vir klonte. Smelt die botter in ’n kastrolletjie en roer die meel in tot dit glad is en ligbruin begin word. Gooi die vleis ekstrak stadig by terwyl jy dit deurentyd met ’n draadklitser roer sodat dit nie klonte maak nie. Prut vir ’n minuut of twee. Proe of die sous genoeg sout inhet en gooi sout en peper in, indien nodig.
RESEP: Engela Swanepoel
FOTO” GELEEN


MARIANNE SE MIKROGOLF WILDSBALLE
Ongeveer 500 g wildsmaalvleis
1 groot ui, gerasper
3/4 koppie broodkrummels
1 eier
sout en growwe swartpeper
mincespice
selderysout
opgehoopte teelepel bisto
plat teelepel bruin uie soppoeier Continue reading→

TARTARE SOUS
1 koppie mayonnaise
2 teelepels gekapte pietersielie
2 teelepels gekapte tarragon
2 gekapte kappertjiesade (opsioneel)
sout en peper
Meng alles saam.
Laat staan vir ‘n half uur.
Bedien saam met enige vissoorte.


KARAMELSOUS SAAM MET PAMPOENTERT
Gooi 200 g witsuiker in ‘n pot en voeg 100 ml water by. Roer met ‘n draadklitser tot opgelos.
Bring tot kookpunt en laat vinnig kook totdat ‘n goue karamel vorm – sowat 10 minute.
Moenie roer terwyl die sous kook nie.
Verwyder pot van hitte en voeg 50 g botter by.
Beweeg pot stadig in die rondte totdat al die botter gesmelt het.
Voeg 125 ml room by en meng vinnig met ‘n draadklitser tot ‘n gladde karamel.
Werk versigtig – die mengsel is baie warm. Laat afkoel en gooi oor muffins, of selfs oor roomys.
https://www.foodloversrecipes.com/2016/02/marlize-se-pampoentert/
Foto: Mariaan van Wyk


CARAMEL SAUCE FOR PUMPKIN FRITTERS
250ml cream
125ml sugar
50g margarine
5ml vanilla essence
Mix it all together and heat it for about 5 minutes
Put spoon fulls over the pumpkin cakes straight after they came out of the oven
Enjoy!!!
Recipe: Adri Broughton
You cannot copy content of this page
