
IDEES VIR KAASSOUS
Gerhard Kock:
Meng pakkie Cream of Chicken soppoeier met melk (hoeveelheid hang af v dikte). Laat kook op LAE hitte. Voeg gerasperde kaas by en laat smelt. Roer gedurig want dit brand maklik aan.
Anel EN-Manie du Preez:
Net gewone witsous met knippie mostertpoeier en neutmuskaat.
Loraine Peyper Viljoen:
Ek maak kaas sous as volg:
1 pakkie Knorr 3 cheeses sous
1 eetlepel koekmeel
2 eetlepels botter
melk van die Knorr sous soos op die pakkie of soveel nodig
1 koppie gerasperde kaas
Smelt die botter, haal pot van stoof af, voeg die koekmeel en souspoeier by en maak soos ‘n pasta, voeg melk bietjie vir bietjie by terwyl jy roer dat dit nie klonte maak nie tot al die melk bygevoeg is. Sit terug op die stoof en verhit terwyl aanhoudend roer, tot verdik. Verwyder van hitte en voeg so koppie gerasperde cheddarkaas by en roer tot gesmelt. Dis baie lekker!!
Frikkie Jones:
Basiese witsous. Kaas/kase. Eiergeel vir “silkyness” worcestersous en dijon mosterd en ‘ n skeut rooipeper
Lindi Botha Davis:
Ek smelt 2 eetlepels botter, gooi 2 eetlepels meel by en meng goed. Voeg dan melk bietjies bietjies by tot lekker glad. Dan aromat en lekker kaas.
Susan-mari Combrinck Kruger:
Eks seker die kaaskrulle sous kan werk vir die hoender. Meng ‘n groot pak kaaskrulle saam melk ( bring melk tot kookpunt) dink dis n liter melk vir ‘n pak kaaskrulle nie seker . Meng tot ‘n dik sous. Dit word gebruik om macaroni en kaas te maak.
Amelia Karsten
Kaassous:met n twist! Ek sit ‘n ½ teelepel poeier mosterd by. dieselfde resep as bo genoem 500 ml melk nie room. Yummi!






