

ENGELA SE BRUINSOUS
Rys, vleis, aartappels – en bruinsous:
Hierdie lekker bruinsous kan by enige vleisgereg voorgesit word, maar dit proe veral lekker by hoenderborsies of skaapboud en rys.Jy het nodig vir 4 mense:
2 eetlepels botter
1 eetlepel koekmeel
1 blokkie hoender- of beesvleisekstrak, opgelos in 1 koppie kookwater
sout en peper na smaak
Pasop vir klonte. Smelt die botter in ’n kastrolletjie en roer die meel in tot dit glad is en ligbruin begin word. Gooi die vleis ekstrak stadig by terwyl jy dit deurentyd met ’n draadklitser roer sodat dit nie klonte maak nie. Prut vir ’n minuut of twee. Proe of die sous genoeg sout inhet en gooi sout en peper in, indien nodig.
RESEP: Engela Swanepoel
FOTO” GELEEN






