

WIETSKE SE HOLLANDSE APPELMOES
My Hollandse appelmoes moet eers koud word voor dit vrieskas toe gaan.
Ek skil en sny gewoonlik 2 pakke Granny Smith appels.
Dan so 200ml water, 2 etl. Suiker, kaneelstokkie en/of fyn kaneel, suurlemoenskil en sap, dan handvol Cranberries of gesnyde gedroogde appelkose.
Kook met deksel op, tot sag.
Ek hou daarvan as dit bietjie “grof” is.
Hou paar dae in yskas maar vries baie goed.
Mens kan enige hoeveelheid maak.
RESEP: Wietske Mioch Roux






