

WITSOUS MET MAIZENA RESEPTE EN IDEES
Helen Janse Van Rensburg
Hoop iemand sal kan help kan mens witsous maak met Maizena?
Leonore Bosman
Ek gebruik net maizena as ek witsous maak. Ek maak my witsous verkeerd om. Gewoonlik smelt jy mos die botter en roer dan meel by…wel, ek smelt die botter en in ‘n maatbeker gooi ek die maizena en melk, roer dit goed tot gemeng en dan gooi ek dit by die gesmelte botter en roer kook tot dit dik is.
Leonore Bosman
Jy maak hom met dieselfde mates as met koekmeel. Jy kan wel die witsous ook verkeerd om maak met koekmeel ook. Die meel moet net baie goed gemeng wees met die melk. Ek het lank gewerk in restaurante en dis hoe hulle hul witsous so mooi glad kry. Continue reading













