

“KROKKEDIL” VARK FILLET MET SPEK TOEGEDRAAI EN IN HOISIN GEMARINEER MIELIEMEEL CHIPS
Tuisgemaakte Hoisin sous
1 koppie braaisous soos Jimmy’s
3 eetlepels molasse
4 teelepels sojasous
3 teelepels Chinese Five Spice poeier
2 eetlepels gladde grondboontjiebotter
2 ml rooipeper
5 ml gerookte paprika
Meng alles saam tot glad en gebruik om vleis te marineer die ten minste 2 ure.
Ek het die “krokkedil” in my glas oondjie gaargemaak soos volg:
Sit die lae rakkie onder in glas oondjie en maak die oondjie warm “pre-heat”.
Sit die vleis direk op die rakkie. Stel oondjie op 1 uur, 205°C en waaier op medium.
Ek het die vleis halfpad omgedraai.
Laat die vleis rus vir 5 minute voor dit gesny word.
***
Hollandaise sous vir aspersies
Hollandaise sous (die maklikste manier met stick blender)
Perfekte klassieke Hollandaise sonder dubbelkoker en sonder dat die sous skif of split.
3 eier gele
¼ teelepel Dijon mosterd
1 eetlepel suurlemoensap
1 druppel warm pepersous soos Tabasco
½ koppie botter
Metode:
Sit die eiergele, mosterd, suurlemoensap en Tabasco in ‘n maatbeker. Pols met stick blender vir 5 sekondes.
Maak botter in mikrogolf warm tot gesmelt. Druk die stick blender in die eiergele en sit aan op hoogste spoed terwyl die gesmelte warm botter stadig in dun stroom bygegooi word. Dit sal onmiddelik dik word. Hou die sousie warm deur in bak met warm kraanwater te sit tot opdiening.
Gebruik saam met Eggs Benedict, gerookte salm en gestoomde vars aspersies.
***
Oranje soetpatats met gemmerstroop is net patats in water gekook tot gaar en dan word botter en gemmerstroop (van my ingelegde gemmerstukke vir vrugtekoeke) daarby gegooi en geprut tot sousie begin karameliseer.
***
Mieliepap “chips”
Slap gaar mieliepap word in plat reghoekige bak gegooi tot gestol en koud.
Sny in vingers en braai al die kante in riffelpan met olie tot krakerig en effens verkleur.
Sprinkel met sout of fyn Parmesan. Bedien met enige vleis of hoender.
Foto: Elsabie Templeton






