WITSOUS MET MAIZENA RESEPTE EN IDEES


WITSOUS MET MAIZENA RESEPTE EN IDEES
Helen Janse Van Rensburg
Hoop iemand sal kan help kan mens witsous maak met Maizena?
Leonore Bosman
Ek gebruik net maizena as ek witsous maak. Ek maak my witsous verkeerd om. Gewoonlik smelt jy mos die botter en roer dan meel by…wel, ek smelt die botter en in ‘n maatbeker gooi ek die maizena en melk, roer dit goed tot gemeng en dan gooi ek dit by die gesmelte botter en roer kook tot dit dik is.
Leonore Bosman
Jy maak hom met dieselfde mates as met koekmeel. Jy kan wel die witsous ook verkeerd om maak met koekmeel ook. Die meel moet net baie goed gemeng wees met die melk. Ek het lank gewerk in restaurante en dis hoe hulle hul witsous so mooi glad kry.
Petra Redelinghuys
Selfde verskil en dan kaas in die sous , ook lekker oor blomkool.
Beverley Diane Lamprecht
The Béchamel sauce (white sauce) is usually made with flour and butter melted together in pan then milk added. If you do with maizena, boil milk first, make maizena (corn flour) to a paste with a little milk then add to hot milk and cook till maizena cooked through, like when making custard.
Zelda Ellis
Always make mine with maizena – I never use flour. I put milk, pepper and butter in pot. Mix maizena with a little milk to make a paste. Bring milk to the boil and stir maizena in until thickens. You can do in microwave which is so much easier and you don’t have that pot to wash after.
Belinda Venter
Ek kook melk (skat maar met oog, hang af wat ek dit voor gebruik), maak ‘n paste van 2 eetlepels maizena en bietjie water aan, klaar met knypie sout, pepper en aromat gemeng, dan gooi ek paste in melk en meng saam, dan hand vol kaas van keuse, tot lekker dik, nog nooit ‘n klont in gehad nie en geskik vir baie lekker disse.
Sue-Ann Otto
Maizena maak dit lekker creamy en besonders lip lek lekker, ek gebruik net dit om my witsousie te maak.
Leza Du Toit Mienie
Ek maak my witsous met meel, want as ek melk kook met maizena in tot dik, sit ek ‘n klontjie botter in saam met kaneel suiker… yummm. Kan dit mos nie oor kool eet nie.
Ilze Kritzinger
Ek gebruik ‘n pakkie dik wit uie sop in plek van meel of maizina.
Ruvan Oree
Ek verstaan. Dis soort van ‘n veloute wat ook baie lekker is om in sop te sit.
Christine van den Berg
Ek vat sommer ‘n klompie maizena, meng met bietjie melk en gooi by ‘n klomp koue melk in die mikrogolf, roer kort kort, voeg nog by as dit nie verdik nie, maar het geen idee hoeveel nie.
Ruvan Oree
Ek voeg glad nie maizena by nie…hoekom? jy kan drie consistencies maak met net koekmeel. Basis is meel en botter (roux), Dan jou melk by. Dun witsous vir verdikking in sop ens, medium dik vir bindings en dik witsous wat bekend staan as panada vir toppings bv.
Marianne Hugo
Die béchamel sous is die een met maizena
Annezelle Nel
Ek is nie mal oor witsous nie. Gebruik gewoonlik mushroom of white onion saam bietjie garlic en swart peper. Baie lekkerder
Adele Scheepers
WITSOUS
250 ml melk (1 koppie)
25 ml mielieblom
25 ml margarien
2 ml sout
1 ml peper
5 ml aromat
Smelt margarien vir 45 sekondes op 100% krag in die mikrogolf.
Voeg mielieblom, sout en peper by en roer goed.
Verhit melk vir 1 1/2 minuut op 100% krag, voeg by pasta en meng tot opgelos en ‘n gladde pasta.
Mikrogolf verder vir 3 minute op 100% krag. Roer elke minuut.
Henk Steyn
Vervang net daai margarien met regte egte botter.
Rina Barnard
Probeer gerus die volgende metode in mikrogolf. Jul sal enige souse nooit weer anders wil maak nie. Bring melk tot kookpunt, voeg dan bietjie warm melk by aangemaakte maizina mengsel, roer goed en voeg by gekookte melk. Dit word dadelik dik. Roer goed en kook verder tot gaar. Geen kort-kort se geroerdery nie. Probeer gerus en gee asb terugvoering.
Chantélle Saayman
Ek het hierdie resep by ‘n dieetkundige gekry, uit ‘n boek Eet vir volgehoue energie.
BASIESE VETVRY WITSOUS
2 koppies afgeroomde (vetvrye) melk
sout en witpeper na smaak
20 ml (4 opgehoopte teelepels) mielieblom
Verhit 450 ml melk, sout en peper tot net onder kookpunt.
Meng mielieblom en die res van die melk tot ‘n pasta.
Roer melk vinnig by die mielieblom pasta.
Sit terug en roer tot kook.
Verwyder wanneer dik en glad.
Lewer 500 ml (2 koppies)
Foto deur Marie-Louise Rens











