


WITSOUS MET DRIE KASE
Lekkerste witsous wat ek nog geëet het.
Maalvleis bolletjies en aartappels in die oond gebak.
Gemengde Groente gekook en toe by die maalvleis en aartappels in die oond gebak
My vrou se witsous vir vandag.
1 koppie melk
½ pakkies Knorr Three Cheese sous poeier
½ pakkie Knorr Bacon en Mushroom geur sous poeier
Meng die souspoeier en melk goed.
Gooi in ‘n potjie en maak dit warm tot begin kook
Toe gooi sy 200 gram Melrose smeer kaas by.
Voeg ‘n eetlepel Maizena aangemak met bietjie water by en prut tot alles mooi styf is.
Die witsous oor die maalvleis, aartappels en groente gegooi.
So ‘n hand vol Tussers gerasperde kaas oor alles en bak in die oond tot die kaas begin bruin raak.
Foto en resep deur Koos van der Merwe
Marie Hermann van Rooyen:
Ons doen dan nou dieselfde kaasous! Net met hoender.
Susan Baard: Ek gebruik ook baie die kaassmeer in my witsous en pasta.






