

WENDY SE “RUM AND RAISIN” TERT
Resep: Wendy Strydom
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het net gister ‘n rum en raisin tert gemaak – hemels.
500 ml room
2 blikkies karamel kondensmelk
12,5 ml gelatien
50 ml koue water
rosyntjies na smaak, vooraf geweek in bietjie kookwater
rum geursel
Klop die room styf en voeg die blikkies karamel kondensmelk by.
Week die gelatien in die koue water, smelt oor kookwater en voeg ook by.
Voeg die rosyntjies by asook die rum geursel. (ek kon nêrens kry en het 15 ml rum bygesit)
Meng goed deur en giet in tertbak en plaas in yskas om te stol.
Proe nes rum en raisin roomys.






