


MAKLIKE VRUGTEKOEK MET BRANDEWYN
Kook die volgende saam:
1 koppie bruin suiker
125g botter/margarien
1 koppie koue water
500g koekmengsel
Laat behoorlik afkoel.
Voeg 2 goed geklitste eiers by mengsel.
Sif saam:
2 koppies bruismeel,
1 opgehoopte teelepel koeksoda
1 teelepel gemengde speserye saam
Roer by mengsel in.
Voeg by:
125g gesnyde kersies en
‘n ½ koppie brandewyn (whiskey, port) by mengsel.
Voorverhit oond.
Voer ‘n koekpan met tinvoelie uit, gooi mengsel in en bak 1¼ uur by 150°C.
Versier met groenvye en glanskersies
Bron & Foto: Mali Louw
2de Foto: Liz Marillier – lees kommentaar onder aan resep *







Helene De Villiers-Schwarzer
Ek gebruik hierdie resep al vir jare. Ek kook my vrugte en sit dit dan in Zip Lock Sakkies tot wanneer ek dit wil gebruik. Ek gooi nog so 1 en ‘n halwe koppie gebreekte pecan nuts ook in. Ek maak ook altyd die beslag dubbeld aan, dan voer ek ‘n bierboks met tinfoil en daarna bakpapier, spuit goed met spray & cook. Ek gooi die dubbel beslag in en bak steeds vir 75min. Ek voorverhit my oond tot 180° en wanneer ek die koek insit, stel ek die oond af na 150° (thermofan). Wanneer die koek klaar gebak het, los ek hom in die bierboks tot die volgende oggend. Nadat ek hom uitgekeer het, sny ek hom in 3 “brode” en dan gooi ek so ‘n kwart koppie brandewyn oor elke een en elk weeg dan so 1.1+ kg.
Liz Marillier
Lekker klein vrugte koeke gebak tuna blikkie size. Het gebak vir 30min in gas stoof op 180 grades en die resep is n wenner.