


MARIE SE CREMORATERT
Genoeg vir 8 mense
250 ml Cremora
125 ml suurlemoensap
125 ml kookwater
1 blik kondensmelk
1 pakkie Marie- of Tennis biscuits
Maak Cremora met kookwater aan en laat afkoel.
Klits kondensmelk en Cremora saam vir vyf minute, voeg suurlemoensap saam en klits vir een minuut.
Ek het koekies fyngemaak met my masher en 2 eetlepels botter, gesmelt en en koekies styf vas gedruk.
Skep die vulsel op die koekiekors en sit in die yskas om te stol.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Marie Rheeder Troskie
Tweede foto en verandering: Kristie Townsend
Marie se cremora tert wat op die blog is, gemaak. Het net coffee whitener gebruik wat dieselfde is as Cremora, nie so soet nie dis wat ek kon kry hier in NZ en het dan Anzac koekies fyngemaak en as die “base” gebruik! Het heerlik uitgekom baie dankie vir die resep!

FOTO: Susan Burger
Ek het marie se cremora tert, op die blad gemaak. Is hemels☆







geskuif