

MAKLIKE MAALVLEISPASTEITJIES
Foto en resep deur Erna Van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
2 ekstra groot eiers
250 ml melk
200 ml kookolie
2 koppies bruismeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel garlic and herb spice of geur soos jy wil
afgekoelde gaar maalvleis
(Ek het bruismeel met koekmeel vervang en 2 ekstra teelepels bakpoeier bygegooi)
Oond op 200°C.
Klits die eiers, melk en olie saam.
Voeg die droë bestanddele by.
Meng goed tot ‘n slap deeg.
Voeg nog melk by indien die deeg nie slap genoeg is nie.
Spuit 2 muffin panne en skep 1 eetlepel deeg onder in holte. Dan 1 teelepel vleis. En dan weer bietjie deeg om vleis te bedek.
Bak 10 tot 15 min lank. Laat effens afkoel en haal versigtig uit pannetjies.
Mens kan dit met enige left-over vleis ook maak. Enige maalvleis sal lekker wees.
(Die resep is van my ma se slap degie resep wat jy oor vleis gooi vir ‘n kors. Ek het die resep net groter gemaak.)
Marie Erasmus: Jy kan dit vries ek het ‘n klomp in klein kolwyntjiepanne gemaak en gevries. Haal net ‘n ruk uit om te ontdooi. As ek dit voorsit, sit ek dit net n rukkie in mikrofolfoond. Maak net lou, nog net so lekker.






