Ek bak sommer brood in my slowcooker, die 3 liter een, smeer lekker met botter. sit jou deeg in, stel op slow vir 2 ure, dan draai ek dit om met 2 eierspane en sit dit op high vir ‘n uur. Nadat ek dit omgedraai het, gooi ek net ‘n stuk handdoekpapier oor die brood vir die stoomdruppels wat van die deksel af kom. Of jy kan ‘n potbrood op die stoof maak, dit werk ook. Nie altyd ‘n oond nodig nie.
Smeer ook die pot met botter, sit deeg in, deksel op, stoof baie, baie laag, en dan hou ek dit maar dop tot ek sien die brood is reg om omgedraai te word, en dan lig ek so halfuur later uit om te sien of brood darem ook bruin is onder. Continue reading














