BAK BROOD IN JOU SLOW COOKER OF OP DIE STOOF

frances se brood in die slow cookertested
BAK BROOD IN JOU SLOW COOKER OF OP DIE STOOF

Ek bak sommer brood in my slowcooker, die 3 liter een, smeer lekker met botter. sit jou deeg in, stel op slow vir 2 ure, dan draai ek dit om met 2 eierspane en sit dit op high vir ‘n uur. Nadat ek dit omgedraai het, gooi ek net ‘n stuk handdoekpapier oor die brood vir die stoomdruppels wat van die deksel af kom. Of jy kan ‘n potbrood op die stoof maak, dit werk ook. Nie altyd ‘n oond nodig nie.

Smeer ook die pot met botter, sit deeg in, deksel op, stoof baie, baie laag, en dan hou ek dit maar dop tot ek sien die brood is reg om omgedraai te word, en dan lig ek so halfuur later uit om te sien of brood darem ook bruin is onder.
Geleer by iemand wat saam met my jare gelede gewerk het. Lanklaas gedoen.
Ek en sy het dit gedoen op ‘n spiralplaat stoof en dit op nr1 gestel, vat nogal ‘n tydjie.

‘n Boer maak ‘n plan.

Resep:  Cornelia Myburgh
Foto:  Frances Smith
Nota:   Ek het slowcooker met baking sheet uitgelê. Deeg daarop gesit, toegemaak en op hoog gestel. Na so een en ‘n half uur het ek vadoek oor pot gesit en deksel op vadoek sodat druppels van deksel nie op brood val nie. Dink dit het toe nog so uur gegaan voor ek dit uitgehaal het (skies het laaste ruk nie regtig tyd dopgehou nie)




LEKKER DIK GROENTESOP

dik groente soptested

LEKKER DIK GROENTESOP

Kry sommer hierdie sop mix wat jy by supermarket kry, (die vars groente wat klaar gesny is)  ek het twee van hulle gebruik en so +- 2 kg skaap skenkels by gesit. Kruie na smaak. Gekook in die slowcooker vir ongeveer 6-8 ure of tot sag en die vleis van die been af.
Het so halfuur voor op dien net 250 ml olaywhip room bygevoeg.

Geniet.

Foto en resep:  Hannelie Bezuidenhout

 




VARKNEK IN DIE PRUTPOT

 

10361969_10152112416706889_5410231299970404963_ntested

VARKNEK IN DIE PRUTPOT

Ek het net gerookte varknek, uie in kwarte en ‘n bottel cider in die slow cooker gesit en vir die dag op automatic gelos.

Die kombinasie gee regtig ‘n baie geurige sousie.

Ek sal net volgende keer ‘n paar star anise en kruie naeltjies ook ingooi, dit kan net lekker wees.

Petro Borchard




YOGHURT IN THE SLOW COOKER

2014-05-14-yog

YOGHURT IN THE SLOW COOKER
600 ml Milk
30 ml Plain yoghurt
Sterilise the cooker bowl.
Pour 600 ml milk into the cooker and wisk in 30 ml plain yoghurt.
Cover cooker with a tea towel and then with the lid.
Set on low for 1 hour.
Switch the cooker off and allow to stand for 2 hours without stirring, until set.
Transfer to a clean container and refrigerate until required.
Note:  You can add any flavour or fresh fruit if you want to before you refrigerate

Posted by Suneth Van Rensburg




SKAAPBOUD MET SLAAISOUS

 skaapboud met slaaisoustested
SKAAPBOUD MET SLAAISOUS

Nou ja, hierdie skaapboud was in die oond vir so ongeveer 5 ure op 160°C.
Net gestop met knoffel, spek, uie, growwe sout en swart peperkorrels. (Maak gate met mes in die boud en druk in die gate), toe het ek lekker baie uie en roosmaryn takkies bo-op gesit, en ‘n halwe botteltjie Honey and Mustard slaaisous oor gegooi, deksel op gesit, en dit lekker stadig in die oond laat gaar word.

Môre sit ek dit net onder die grill om lekker bruin te maak en maak die sousie dikker, maar ons het geproe dit is heerlik verby. Die heuning in die slaaisous gee dit regtig ‘n heerlik smakie. Ek het gewonder daaroor.

Vir die slow cooker/prupot: doen dieselfde en sit in die prutpot vir ongeveer 8 ure op Auto.

Nota:  Omdat ons net twee mense is, behandel ek hierdie boud soos volg: wanneer dit koud is, dan sny ek dit in skywe. Dag een sit ek net genoeg van die skywe vir twee etes in ‘n plat bak, maak ‘n lekker sousie oor met die pansouse, gooi dit oor die vleis en sit dit (toegemaak) in die oond om warm te word, bedien met rys en groente, dan het ons twee heerlike gekookte etes, die res word weg gepak in twee sarsies koue vleis, een gaan yskas toe vir lekker koue vleis en slaai en die ander een word gevries vir wanneer ek lekker broodjies wil maak, saam met tamatie blaarslaai en mosterd en sie daar!

Foto en Resep:  Rina Kleinhans
Loraine Peyper Viljoen
Karoo lamsboud oornag in die oond met French light slaaisous, halwe bottel. Vanoggend net gou lekker gebak.

 




SLOW COOKER FUDGE

slow cooker fudge
SLOW COOKER FUDGE

Yield: Servings 30  PLEASE READ THE ADVISE AT THE BOTTOM IN THE COMMENTS 🙂

Ingredients:
1/4 cup raw mild honey
1/4 cup coconut milk, (canned, not in a carton)
Dash of sea salt
2-1/2 cups Chocolate Chips, [I used dark chocolate chips because of their health benefits. Ghirardelli is a good brand and works well with this recipe)
1 teaspoon pure vanilla extract

Fudge is perfect for the slow cooker because it doesn’t scorch or burn.

Add chocolate chips, coconut milk, honey and salt, stir to combine. Cover and cook on low 2 hours without stirring. It’s important that lid remain on during this 2 hours.

After 2 hours, turn the slow cooker off, uncover, add vanilla and stir to combine ingredients. Allow to cool in uncovered slow cooker, until fudge has reached room temperature…approximately 4 hours. Using a large spoon, stir vigorously for 5-10 minutes until it loses some the gloss.

Lightly spray a 1 quart casserole dish with non-stick cooking spray. Pour fudge into dish, cover and refrigerate 4 hours or until firm. Cut into 30 pieces. This fudge is very rich and meant to be eaten on occasion as a treat.

Note: Canned coconut milk can be found in the Asian or organic sections of most grocery stores.

Foto: Pieta van der Walt




LAMSKENKELS IN DIE PRUTPOT

 skenkels in slow cockertested
LAMSKENKELS IN DIE PRUTPOT

Lekker lamskenkel pot in my “slow cooker” gemaak. Ek het eers die vleis vir ongeveer 3 ure laat prut die vorige aand en toe in die oggend voor ons werk toe is het ek die aartappels, wortels, uie, sampioene en groenbone bygevoeg plus ‘n pakkie “lamb and rosemary gravy” poeier, sout en peper. Toe ons vir middagete huis toe gaan was die kos gaar en ons het heerlik geëet aan die pot wat ek op rys geskep het.

Rosemarie Maytham




BEER CROCKPOT CHICKEN


BEER CROCKPOT CHICKEN

4-6 Chicken Breasts or 1 Whole or cut up Chicken
1 Can of any kind of Beer
1/2 tsp Garlic Powder
1/2 tsp Basil
1/2 tsp Paprika
1/2 tsp Black Pepper
1/2 tsp Kosher Salt

Put all ingredients into crockpot If frozen cook on high 4-5 hours or low 8-10 If fresh cook on high 3-4 hrs or low 7-8 hours.

 




BASIC BROWN BREAD IN SLOW-COOKER


BASIC BROWN BREAD IN SLOW-COOKER

A basic brown bread that has a biscuit like texture and is excellent for morning or afternoon tea break.
Ingredients:
2 cups whole wheat flour
1 cup plain flour
1 tbsp baking powder
1 tsp salt
2 tbsp molasses
2 tbsp cooking oil
1 1/3 cups water
Method:
Combine first 4 ingredients in bowl. Stir together.
Add molasses, cooking oil and water. Mix until moistened. Turn into a greased slow cooker. Place 5 paper towels between top of slow cooker and lid. Place a matchstick or similar object between paper towels and edge of slow cooker to allow steam to escape. Do not lift lid for the first 1 ¾ hours cooking time. Cook on High for about 2 hours. Loosen sides with knife. Turn out onto rack to cool.

Recipe posted by Berie Smith




PRUTPOT WENKE


PRUTPOT WENKE

Kry só die beste uit jou prutpot-geregte:
• Moenie gevriesde vleis gebruik nie. Ontvries altyd vleis en hoender voordat jy dit in die prutpot sit.
• Gebruik kleiner stukke. Sny heel hoenders en groot stukke vleis in kleiner stukke om seker te maak dit word heeltemal gaar.
• Pak jou bestanddele in lae. Groente moet op die bodem en teen die kante van die pot gepak word en die vleis dan bo-op. • Maak die prutpot minstens halfpad vol en nie meer as driekwart vol nie.
• Hou die deksel op. Elke keer as jy die deksel oplig, word die kooktyd met tussen 15 en 25 minute verleng.
Prutpot-wenk 2
• Begin VROEG GENOEG: As jy twee ure voor aandete eers wakkerskrik, gaan jou resultate teleurstellend wees – gewáárborg! HOE LANGER die kooktyd, HOE BETER ontwikkel die geure, hoe sagter is die vleis en hoe meer karamellisering is daar. Daai ekstra uur of twee in die prutpot maak al die verskil tussen net-net gaar (bleek en smaakloos), of val-van-die-been-af sag en geurig! Prutpot-wenk 3
• SMEER/VOERING JOU POT: As jy die prutpot se binnekant met ’n kleefwerende kossproei bespuit of met botter of olie smeer voordat jy dit met kos vul, is die skoonmaak agterna sommer kinderspeletjies! ’n Handige ding is ‘n ‘spritzer’: vul met kookolie en bespuit jou pot 1-2-3. Aluminiumfoelie kan gebruik word om groter vleisstukke saam met die groente in toe te draai: behalwe dat jy die pot beskerm, is die vleis heerlik sappig. In Amerika kry ’n mens ‘crockpot liners’, maar jy kan ook baksakkies gebruik: bietjie duur, maar handig wanneer jy jou pot kos na ’n geleentheid moet vervoer: bind bloot die nek toe en niks sal uitmors nie! Prutpot-wenk 4
• DROëBONE MOET VOORAF GEKOOK word: Sekere rou peulgewasse soos rooi ‘kidney beans’ (so ook SOJABONE) bevat die TOKSIEN phytohaemagglutinin wat nie deur die lae hitte van ’n prutpot vernietig word nie. Week die bone vooraf vir ten minste 6 ure. KOOK 10 MINUTE VINNIG om die toksien te vernietig. Spoel af en plaas dan saam met die ander bestanddele in die prutpot. Prutpot-wenk 5
• RAAK ONTSLAE VAN VET: Kos wat in olie swem is allermins aptytlik – OF gesond! Verwyder vooraf enige hoendervelle en sigbare vet, of laat vetterige vleis/maalvleis eers bietjie uitbraai in ’n pan. Teen die einde van die kooktyd kan jy dan die vleissouse uit die prutpot afgooi en die vet afskep voor jy dit weer in die pot teruggooi en volgens jou voorkeur verdik. Of gebruik ysblokkies: die vet klou onmiddellik daaraan vas. Skep dadelik af voor die ys smelt en gooi by jou dierasies se pap of korrels. Prutpot-wenk 6
• BRAAI/VERBRUIN: Vir bredies is dit NIE NODIG om uie en vleis vooraf te braai nie. Jamie Oliver het verskeie toetse gedoen en bevind daar’s geen smaakverskil in die eindproduk nie. So spaar jouself die ekstra moeite en vuil skottelgoed! Plaas jou vleis en groente NET SO ROU in die prutpot. Prutpot-wenk 7
• MAALVLEIS: Moet liefs vooraf VERBRUIN word, anders vorm dit klonte. Dreineer om van die oortollige vet ontslae te raak. (Ek het dit nie gedoen nie – het dit so ’n paar keer tydens die gaarmaakproses geroer, want dit HET klonte gevorm!) Vir ’n MAALVLEISGEREG, plaas die rou maalvleis saam met al die geurmiddels in die prutpot. Of maak FRIKKADELLE volgens jou gebruiklike resep: plaas net so rou in die prutpot en bedek met enige souserigheid van jou keuse. Of vorm in ’n ‘meat loaf’ en draai toe in foelie. Kook vir 6 – 8 ure op LOW. Prutpot-wenk 8
• BRAAISTUKKE/BOUDVLEIS: Groter stukke vleis moet verkieslik in twee verdeel en vooraf in ’n warm pan verseël word om die vleissappe binne te hou tydens die gaarmaakproses. As jy bang is dat dit sal droogkook of brand, plaas dit bo-op ’n laag aartappels: sny die aartappels in die lengte deur en plaas met die plat kante onder in die prutpot. Plaas dan die ander groente bo-op, gevolg deur die vleis. Vryf die vleis vooraf in met botter, knoffel en geurmiddels – niks verder is nodig nie. Kook vir 4 – 6 ure op HIGH, of 8 – 10 ure op LOW. (Aldus Jenny Morris, die ‘Giggling Gourmet’.) Prutpot-wenk 9
• WORTEL- en KNOLGROENTE: Sny aartappels, wortels en rape in KLEIN, EWE GROOT STUKKE sodat alles min of meer dieselfde tyd sal gaar word. Plaas ONDERIN die bak, met die ander bestanddele bo-op. Dit sal verseker dat die groente in die kossappe sagkook. (As jou aartappels nie wil sag kook nie, is dit waarskynlik omdat dit nie deur kos of vloeistof bedek was nie.) Groente soos murgpampoentjies of sampioene wat vinnig gaar word, kan ’n halfuur tot ’n uur voor opdientyd bygevoeg word. Prutpot-wenk 10
• VLOEISTOF: Die vloeistof dien as geleier van die geur en hitte en verseker dat al die kos teen dieselfde temperatuur gaar word. Dis meestal nie nodig om aan die begin van die gaarmaakproses vloeistof by die kos te voeg nie: Die kossappe kondenseer teen die deksel en val terug in die pot om SY EIE SOUSIE te vorm. Indien nodig kan jy wel later die vloeistof aanvul: hoe langer die kooktyd, hoe groter die risiko dat die kos kan droogkook. Soos wat jy jou prutpot leer ken, sal jy leer hoeveel vloeistof nodig is – alle potte verskil. Prutpot-wenk 11
• HOENDER: Moet liefs nie ’n prutpot gebruik om HEEL HOENDER gaar te maak nie: Die binnekant van die hoender bereik nie vinnig genoeg ’n veilige temperatuur om die vermeerdering van bakterieë te verhoed nie. Verdeel die hoender eerder in kleiner porsies. As jy egter ’n vleistermometer het, kan jy gebruik dit om die interne temperatuur van ’n heel hoender te meet om seker te maak dat alle bakterieë gedood is. Prutpot-wenk 12
• RYS: ’n Prutpot is ideaal om groot hoeveelhede rys gaar te maak: die korrels is lekker los en uitgeswel – nie klewerig soos op die stoof nie.
Gebruik 2 koppies water en 1 t sout vir elke 1 koppie rys (2 ½ koppies water vir elke 1 koppie bruinrys).
Kook 6 – 8 ure op LOW, of 2 – 3 ure op HIGH (gaan loer elke 45 min). Jy kan ook vars of bevrore GROENTE en geurmiddels byvoeg, maar voeg net ’n bietjie ekstra water by indien nodig. Vir ’n lekker neuterige, gesonde variasie, voeg ½ kop rou LENSIES en 1 ekstra koppie water by vir elke koppie rys wat jy gebruik. Of roer teen die einde gaar BONE by vir ekstra voedingswaarde.