Lekker lamskenkel pot in my “slow cooker” gemaak. Ek het eers die vleis vir ongeveer 3 ure laat prut die vorige aand en toe in die oggend voor ons werk toe is het ek die aartappels, wortels, uie, sampioene en groenbone bygevoeg plus ‘n pakkie “lamb and rosemary gravy” poeier, sout en peper. Toe ons vir middagete huis toe gaan was die kos gaar en ons het heerlik geëet aan die pot wat ek op rys geskep het.
Rosemarie Maytham








