

STAMPMIELIES IN DIE PRUTPOT
Jeanette Grib
Twee koppies STAMPMIELIES en genoeg water om heeltemal te bedek. Bietjie kookolie en halfpad deur die proses so twee en n half teelepels sout bygesit en so vir vyf ure op hoog gekook. Perfek! Dis al wat ek vanaand geeet het. Julle moet maar stadig lees want ek skryf maar stadig. Soooo bang vir die drukkersduiwel. Gaan my nie weer laat vang nie
Dien Von Czapiewski DeWaal
Het jy n groot slow cooker. As jy een het ek was my mielies in kookwater af en laat staan bietjie in kookwater . Dan vat ek in die aand ‘n kilo van die geweekte stampmielies, spuit my pot met cook en spray en gooi in pot en tap soveel water in as die pot kan hou skakel aan en volgende dag vroeg is dit pragtige wit mielies, dan voeg ek sout en botter by en roer deur. Skep soveel uit soos benodig en maak die res koud en verpak vir vrieskas. Continue reading












