

VLEILAND SE SKAAPAFVAL (in ‘n baksakkie en slowcooker)
IN ‘n BAKSAKKIE
1 skaap afval, ± 1.5 kg
1 ui, in ringe gesny
30 g sout
5 g knoffel peper of swart peper
1 eetlepel appelkooskonfyt
2 teelepels kerrie poeier
1 teelepel borrie
2 eetlepels asyn
1 koppie water
2 groot aartappels, wat eers later ingesny word
Meng die speserye en appelkoos konfyt saam met die water.
Pak nou die afval, saam met 2 uie in ringe gesny in ‘n BAKSAKKIE, en gooi die sous daaroor. Knoop dit toe, en steek 2 – 3 gaatjies aan die bokant in die sakkie.
Plaas nou die sakkie met die afval in die “slowcooker” en kook stadig oornag.
Maak die sakkie in die oggend oop, en sny nou 2 aartappels in blokkies en gooi dit in die sakkie, en druk dit onder die sous in, en kook dit op hoog vir nog 1 uur.
NOU is die afval MURG SAG en nou maak jy ‘n potjie stampkoring daarby en geniet.
Stefaans Blaauw
Gooi 2 teelepels KOEKSODA in 5 liter water, laat die pens daarin oornag in die koelkamer en borsel dit môre oggend spierwit af.
Bron- Stefaans Blaauw







geskuif