Aftreksel:
2 groot wortels
1 ui
2 stingels tafelseldery
6 takkies pietersielie
4 kruinaeltjies
1½ teelepel sout
1 teelepel peperkorrels
1½ teelepel koljanderkorrels
100 g skaapbene met bietjie vleis aan
2 liter koue water Continue reading
Category Archives: Skaap / Mutton-Lam / Lamb
SKAAPRIBBETJIE
SKAAPRIBBETJIE
Maak die “dry rub” en vryf dit lekker in die ribbetjie in
Dry rub: growwe sout, swart peper, pietersielie, roosmaryn seasoning.
Plaas die rib in ‘n groot oondpan saam met gekapte uie en genoeg rooiwyn om net die onder kant van die pan te bedek. Bedek met foelie en plaas in oond by 180°C, vir ongeveer 35 minute.
Braai verder op kole tot lekker deur gaar en sag.
Bron en Foto: Cecil Dunhin
SKAAPRIB IDEES


SKAAPRIB IDEES
FeF Francois Gericke:
Ek maak ‘n 6 ure skaaprib. Vrydagaand vat ek die vetste rib wat ek kan kry en sny die vel mooi blokkies.
Dan meng ek varsgemaalde koljander, swartpeper en roosmaryn en smeer goed in elke slooitjie in.
Satermiddag 3 uur maak ek vuur (met hout) en dan hang ek die rib so 60 cm vanaf die vuur.
Hy word so elke 20 min geroteer en hang daar vir 4 tot 5 uur.
Dan word hy in ‘n groot braaikbak gesit met ‘n bietjie water en ‘n skoot suurlemoensap.
Deksel op in die oond teen 220°C vir 30 min. Maak hom oop vir laaste 10 min. Continue reading
KOOS SE FRANSE LAMSKENKELS
Hallo Almal. Marinda Gettliffehet gister n post gedoen oor daai lekker skenkels wat sy gemaak het. Dit was n resep van my wat sy gebruik het want ek is lief om dit net so in die oond te bak. Daar was drie skenkels oor en Sondag oggend het ek besluit om nou te kyk hoe gaan dit kom met n mengel moes by. Continue reading
KLEFTIKO – LAMB SHANKS
SKAAPSTERTJIES EN MASH POTATO
HEERLIKE LAMSKENKELS


HEERLIKE LAMSKENKELS
Skenkels is ingevryf met “spice rub”. Skenkels bo-op gesnyde ui in Argilla roaster. 4 ure @ 150°C. Na 2 ure die sousmengsel bygegooi.
Spice rub: gelyke dele van Ina Paarman speserye…. Braai & Grill, Meat, asook Wostersous spice en so bietjie kerrie poeier. Meng speserye met olyf-olie tot dik pasta.
LAMSVLEIS- EN NIERTJIEPASTEI
LAMSVLEIS- EN NIERTJIEPASTEI
1 rol skilferkorsdeeg
6-8 skaapniertjies skoongemaak en in blokkies gesny
200 – 300 gram lamsvleis in blokkies gesny
1 eier geklits om deeg mee te smeer
1 groterige gekapte ui
1 tamatie opgekap
+- ¼ koppie balsamiese asyn
+- ¼ koppie bruin asyn
1 eetlepel gekapte knoffel
4 witsampioene, geskil en in skyfies gesny
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel rissievlokkies
1 eetlepel suiker
sout en swartpeper na smaak Continue reading
KOOS SE HEEL SKENKEL EN SKAAPNEK POT
Die Huis Potjie Ek wou braai vanaand en more sommer net lekker Lam nek en Heel Lam skenkel bredie maak as ek dit n bredie kan noem . Die weer speel nie saam nie en more is dit familie en vriende dag want oor n paar dae verjaar die klein dogter so ons braai more. Nou maak ek sommer n huis potjie. In my ysterpot op die stoof. Nog so n uur om te gaan maar so lyk dit tot nou. Na n uur net die nodige souse in werk.
Ek het maar op my gewone manier.
Drie groot uie eers gebraai en weer uit die pot gehaal.
Een Lams nek in die lengte deur gesny Continue reading
LAMSKERRIE IN DIE YSTER POT


LAMSKERRIE IN DIE YSTER POT
Ek het al die vleis eers gebraai in n pot om te seel. Ek wil Net se ek kook net in n ysterpot as ek vleis in n pot gaar maak.
Klink of ek vol nonsens is maar die smaak verskil hemels tussen n yster pot en gewone pot.
Om alles bietjie vinniger te maak het ek die vleis in die druk koker gesit vir 15 minute saam met uie en sout en peper.
Daarna uit gehaal en geproe of dit reg proe.
Terug gesit in die yster pot en In die geval het ek chakalaka by gesit.
Een blikkie Medium and spicy en n tweede blikkie Chakalaka die een met Sweetcorn.
Alles gemeng en sous uit die druk koker bygevoeg so n halwe koppie.
Gelos om te prit vir 3 ure.
Ek kon nog nie eers my pasteie begin nie want as ek sien dan eet ieamnd van die Lam Kerrie maar nou ja dit is wat so lekker is as jy sien iemand geniet dit wat jy gemaak het.
Koos van der Merwe










