SKAAPRIBBETJIE
Maak die “dry rub” en vryf dit lekker in die ribbetjie in
Dry rub: growwe sout, swart peper, pietersielie, roosmaryn seasoning.
Plaas die rib in ‘n groot oondpan saam met gekapte uie en genoeg rooiwyn om net die onder kant van die pan te bedek. Bedek met foelie en plaas in oond by 180°C, vir ongeveer 35 minute.
Braai verder op kole tot lekker deur gaar en sag.
Bron en Foto: Cecil Dunhin









