

SKAAPRIB IDEES
FeF Francois Gericke:
Ek maak ‘n 6 ure skaaprib. Vrydagaand vat ek die vetste rib wat ek kan kry en sny die vel mooi blokkies.
Dan meng ek varsgemaalde koljander, swartpeper en roosmaryn en smeer goed in elke slooitjie in.
Satermiddag 3 uur maak ek vuur (met hout) en dan hang ek die rib so 60 cm vanaf die vuur.
Hy word so elke 20 min geroteer en hang daar vir 4 tot 5 uur.
Dan word hy in ‘n groot braaikbak gesit met ‘n bietjie water en ‘n skoot suurlemoensap.
Deksel op in die oond teen 220°C vir 30 min. Maak hom oop vir laaste 10 min.
Nou terug op die rooster (hy is nou al so sag dat jy maar 2 spatulas moet gebruik).
Nou word hy met speserye gegooi en crispy en bruin op lekker warm kole gebraai
Jy haal sommer die bene met die hand uit.
Dit word elke Saterdagaand by my huis gebraai en daar bly ongelukkig nooit oor vir ontbyt nie!
Elza Kemp:
Ek maak die skaaprib in die oond gaar. Gooi lagie water in oondpan, sit draad rakkie bo-op en dan die skaaprib.
Water moet nie teenaan vleis raak nie. Braai eers teen ‘n hoër hitte tot begin verbruin en stel dan oondtemperatuur laer.
Braai ongeveer 2 – 2 ½ uur. Stoom uit oondpan hou vleis heerlik klam binne en buite is dit bruin en bros en dis murgsag.
Foto: Gideon Louw






