LAMSVLEIS- EN NIERTJIEPASTEI
1 rol skilferkorsdeeg
6-8 skaapniertjies skoongemaak en in blokkies gesny
200 – 300 gram lamsvleis in blokkies gesny
1 eier geklits om deeg mee te smeer
1 groterige gekapte ui
1 tamatie opgekap
+- ¼ koppie balsamiese asyn
+- ¼ koppie bruin asyn
1 eetlepel gekapte knoffel
4 witsampioene, geskil en in skyfies gesny
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel rissievlokkies
1 eetlepel suiker
sout en swartpeper na smaak
Braai die vleis saam met uie en bruin asyn, voeg bietjie water by saam met tamatie, sampioene, knoffel en peper en kook tot sag.
Braai niertjies in ‘n aparte pan, effens, voeg dit by die vleis saam met al die ander speserye en suiker en roer goed. Voeg ‘n bietjie water by as daar nie genoegsame sousie is nie en koel af.
Rol die deeg effens uit en sny in ses ewe groot blokke.
Skep die vulsel op die deeg en smeer die randte met eier, vou die deeg toe oor die vulsel en druk vas met ‘n vurk. Plaas in ‘n oondpan wat gesmeer of gespuit is.
Smeer eier bo-oor die deeg en bak in ‘n voorverhitte oond op 200ºC vir +- 30 min.
Resep en foto: Gideon Louw









