Ek het gewone frikkies gemaak van 500 g beesmaalvleis.
In n oondbak gesit en so 2 koppies van die sous oorgegooi. Met foelie toegemaak en vir so 40 min gebak by 180 ºC
KERRIESOUS:
Kan gemaak word en in die yskas gehou word. Gebruik dit vir hoender, vis, frikkies, gekookte eiers, en enige vleis of groente.
50 ml kookolie
4 uie fyngekap
20 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
10 ml sout
5 ml peper
100 ml asyn
125 ml suiker
100 ml koekmeel
1 liter aftreksel of 500ml water en 500ml aftreksel
1 rooi soetrissie in blokkies gesny (Kan dit uitlaat)
Verhit die olie en sorteer die uie, peperblokkies kerrie en borrie. Meng meel, suiker, sout en peper. Maak aan met asyn. Voeg aftreksel by en meng goed. Voeg by uiemengsel en laat vir so tien min stadig prut. Roer gereeld.
Martie Fourie Moolman








