TUISGEMAAKTE MOSTERD
Dit is al mosterd wat ek maak. Heerlik saam met tong.
1 klein blikkie mosterdpoeier
1 blik kondensmelk
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels witasyn
Meng alles goed saam. Laat staan vir ‘n dag voor gebruik.
Bly lank vars in die yskas.
Resep: Elsa Rossouw Combrinck








