Die Huis Potjie Ek wou braai vanaand en more sommer net lekker Lam nek en Heel Lam skenkel bredie maak as ek dit n bredie kan noem . Die weer speel nie saam nie en more is dit familie en vriende dag want oor n paar dae verjaar die klein dogter so ons braai more. Nou maak ek sommer n huis potjie. In my ysterpot op die stoof. Nog so n uur om te gaan maar so lyk dit tot nou. Na n uur net die nodige souse in werk.
Ek het maar op my gewone manier.
Drie groot uie eers gebraai en weer uit die pot gehaal.
Een Lams nek in die lengte deur gesny
Twee heel skenkels
Die nek en die skenkel eers geseel/gebraai in die yster pot.
Nou word die plaat stadig gestel op my stoof no 2.
Die vleis word saam in die ysterpot gesit met die deksel op die pot.
Laat prit die pot vir so 1 uur Moenie roer nie, Moenie water byvoeg nie Moenie oop maak nie.
Ruik net kort kort of dit nie brand nie.
Na 1 uur maak die pot oop en gooi die reeds gebraaide uie by die vleis en roer deur. Voeg ook solank die helfte van jou speserye keuse in.
Plaas nou weer terug op die plaat en roer elke 15 minute.
Na nog n uur kan jy die deklsel weer lig.
Voeg aartappels en ander goentes by.
Gooi nou speserye na smaak by, soos sout, peper ens.
Laat prut nog vir 1 uur tot aartappels sag is. Ek pre-cook my aartappels so 50% voor ek dit by die vleis voeg.
Bedien saam met rys of net waarvoor julle lus voel.
RESEP EN FOTO: Koos van der Merwe








