Hallo Almal. Marinda Gettliffehet gister n post gedoen oor daai lekker skenkels wat sy gemaak het. Dit was n resep van my wat sy gebruik het want ek is lief om dit net so in die oond te bak. Daar was drie skenkels oor en Sondag oggend het ek besluit om nou te kyk hoe gaan dit kom met n mengel moes by.
Die skenkels was olyf olie gesmeer met sout, Peper en Chilli Beef speserye. iemand het gese hulle gooi tamatie en uie by saam met Chutney en bak dit in n toe bak in die oond. Wel die is nou die ander manier om jou heel skenkels gaar te maak.
Die was Tamatie uie smoor met n Franse gemengde groente. 4 halwe uie en n paar knoffel huisies in die helfte gesny. Daar is ook tamatie sous, worceter sous en chutney by. Die gemengde groente is wortels, Green peppers, mushrooms, Groen boontjies, mielies en ertjies. Alles in een bak saam met die vleis in die bak toe gemaak en so in die oond gebak vir 2-3 ure
Foto en resep: Koos van der Merwe
Foto: Frans se franse lamskenkels








