DADELROLLETJIES MET SUURLEMOENSAP
125 g margarien
5 ml varkvet
360 g meelblom (750ml)
sout na smaak
250 ml koue water
15 ml suurlemoensap
klapper
Vryf margarien en vet in die meelblom en sout.
Meng tot ‘n stywe deeg met die koue water en suurlemoensap.
Verkoel die deeg en rol dun uit.
Sny in vierkante van 50 x 50 mm.
Skep dadelvulsel op elke vierkant en rol op.
Plaas op gesmeerde bakplaat en bak 15 min teen 180°C.
Dompel dadelik in stroop, laat effens afdrup en rol in klapper.
DADELVULSEL:
Kook alles saam tot sag:
500 g dadels
200 g suiker
5 ml botter
15 ml appelkooskonfyt
STROOP:
500 ml suiker
250 ml water
1 suurlemoen, in skywe gesny
Roer suiker in die water tot die suiker opgelos is.
Kook alles saam. Verwyder die suuurlemoenskyfies. Laat koud word.
Foto: Lettie Martyniuk
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.