POLENTA MET KRUIESOUS
Gebruik die vinnig gaarword polenta, maak aan soos aanwysings.
As polenta klaar gekook is sal die begin stol, dis dan wanneer die “magic’ begin!
Jy kan suurroom of griekse joghurt of vleis/hoender/groente aftreksel inmeng. Indien jy bogenoemde gebruik, moet jou water tydens mengproses daarmee verminder word.
Gekookte polenta is soos klei, jy kan dit in enige vorm maak, balle, koekies, stokkies, driehoeke, blokkies!
As dit klaargekook is en effens afgekoel is kan jy werklik enige iets in dit meng, verskeie soorte kase, neute, kruie en selfs vis of vleis.
As polenta klaar gekook en gegeur is moet die of gebak of gebraai word.
Tradisioneel word dit ook gewoon as bykos bedien.
Ek het hierdie kruiesous wat ek altyd by bedien as ek dit in die eenvoudige vorm opdien. Continue reading














