

STAMPMIELIE GEREG
4 tot 6 koppies gaar stampmielies (nie te droog)
1 pakkie potato bake (enige geur)
¼ koppie melk
¾ koppie mayonnaise
1 koppie room
1 koppie fyn gesnyde sampioene
1 koppie gesniperde spek
2 uie grof gekap
1 koppie gerasperde cheddar kaas Continue reading
Category Archives: Mielies & Mieliemeel/ Mealies & Maize
STAMPMIELIES EN BONEGEREG

STAMPMIELIES EN BONEGEREG
Foto en resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand
FOOD LOVERS RECIPES
400 g stampmielies
200 g rooi bone (sopboontjies)
1 kg beesvleis met bietjie vetjies aan
2 groot uie in stukkies gesny
Sout en Peper
2 houertjies liquid stock (ek koop die boksies met twee potjies in) Continue reading
SLAP MIELIEPAP BOLLETJIES


SLAP MIELIEPAP BOLLETJIES
Oorskiet pap van ontbyt
1 eier
3 stukkies ham baie fyn opgesny
groot handvol cheddar kaas
Ina Paarman Green Onion
Ina Paarman Garlic and Herb en
Aromat na smaak
Vorm bolletjies en rol in meel. Bak tot goudbruin aan alle kante in baie vlak olyf olie in ‘n pan.
Resep en foto: Naudéa Visser
PAPBALLE


PAPBALLE
Ek het stywe pap gemaak so dat jy dit kan rol in balletjie. Laat afkoel en holtes in gemaak.
Ui, tamatie, geel-groen-rooi peppers, en spek saam gebraai met so bietjie gemengde kruie, holtes gevul daarmee, meng room met potato bake en oorgegooi en toe kaas oorgestrooi en in oond gebak @ 180 grade Celsius vir 30min. Continue reading
LEKKER MIELIEPAP
LEKKER MIELIEPAP
Ek het die maklikste resep ooit; 4,3,2,1=
4 koppies mieliemeel
3 koppies water
2 teelepels sout
1 pot
Dis vir krummelpap.
Vir stywe pap ruil die water en meel se hoeveelhede om.
Laat kook die water met sout in en voeg die meel by, roer en laat gaar word oor lae hitte.
GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT


GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT
2 – 3 koppies mieliemeel
500 ml kookwater
500 ml warm melk
kaas na smaak
heelpit mielies na smaak
5 – 10ml sout na smaak Continue reading
MIELIEPAP MUFFINS
MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK
MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
Ek koop vars suikermielies en sny pitte af. Het altyd gevries in vrieskas – dis net my man en ek. ‘n Pak suikermielies is te veel daarom vries ek liewer wat oorbly. Idee van tunablikkies het ook ontstaan omdat ‘n hele brood te veel is vir ons.
(Resep hoeveelheid is vir 2 broodjies)
3 eetlepels mieliepitte
3 eetlepels mieliemeel
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel gis
2 eetlepels gerasperde kaas
¼ teelepel sout
bietjie rooipeper
Meng met 50 ml louwarm water en knie paar minute. Laat 30 – 60 min in mikrogolf oond rus tot dubbel in volume. Knie effens en plaas in gesmeerde tunablikkies. Laat rys en bak ongeveer 7 min oond 180ºC.
MIELIEBROOD (MIKROGOLF OF OOND)


MIELIEBROOD (MIKROGOLF OF OOND)
Resep: Johanna Elizabeth Bradbury
Foto: Brunhilda Venter
FOOD LOVERS RECIPES
60 g botter, gesmelt
60 ml witsuiker – meng saam
2 eiers
½ blikkie (225 ml) geroomde suikermielies
250 ml (1 koppie) melk
250 ml (1 koppie) mieliemeel
Sif die volgende saam:
250 ml (1 koppie) koekmeel
15 ml bakpoeier
3 ml sout
Meng alles saam. Skep in gesmeerde mikrogolf-ringpan. Plaas op omgekeerde piering en mikrogolf 7 minute op HOOG (100% krag)
(Kan ook in gewone oond gebak word vir ±1 uur by 180°C.)
PAPTERT MET KAASKRULLE


PAPTERT MET KAASKRULLE
Ek het toe die naweek paptert met kaaskrulle gemaak, my familie het hul vingers afgeeet.
Braai saam:
1 pak spek, in blokkies gesny
1 groot uie, gekerf
1 bakkie sampioene, opgekerf
Voeg by:
1 – 2 pakke kaaskrulle fyn gedruk (pas aan na gelang van die hoeveelheid pap)
250 ml room
genoeg gaar slappap
Ekstra:
gerasperde kaas
Maak genoeg slappap vir die aantal mense wat jy wil bedien,
Meng spekmengsel by, skep in ‘n oondbak, strooi gerasperde kaas oor en bak in oond (180°C) vir ± 20 min. Heerlik!
Foto: Wynand Van Huyssteen
Resep: Elize Gouws



