STAMPMIELIE GEREG

969131_3489134764274_1761250627_n
STAMPMIELIE GEREG
4 tot 6 koppies gaar stampmielies (nie te droog)
1 pakkie potato bake (enige geur)
¼ koppie melk
¾ koppie mayonnaise
1 koppie room
1 koppie fyn gesnyde sampioene
1 koppie gesniperde spek
2 uie grof gekap
1 koppie gerasperde cheddar kaas

Voor verhit die oond tot 180ºC.
Braai spek, uie en sampioene in olyfolie.
Meng mayonnaise, potato bake, melk en room goed.
Meng dit nou met die stampmielies en skep in ‘n voorbereide bak.
Strooi kaas oor en bak vir 30 minute.
Heerlik saam met braaivleis.
Foto en Bron: Louise Venter




STAMPMIELIES EN BONEGEREG

1379770_10201665926906440_1336409118_n 
STAMPMIELIES EN BONEGEREG
Foto en resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand
FOOD LOVERS RECIPES 
400 g stampmielies
200 g rooi bone (sopboontjies)
1 kg beesvleis met bietjie vetjies aan
2 groot uie in stukkies gesny
Sout en Peper
2 houertjies liquid stock (ek koop die boksies met twee potjies in)

Braai uie tot bruin in olie.
Voeg vleis by en braai bruin.
Voeg water soos nodig by en kook vleis sag tot dit van die bene afkom en sny verder op in stukkies. Ek voeg twee houertjies liquid stock by en dit moet omtrent gelyk vol met sous wees as die vleis reg is. M.a.w die vleis moet gelyk met die sous wees.
Kook een kant bone en mielies tot sag met sout na smaak.
As alles gaar is, voeg bymekaar. Voeg nog sout en peper by na smaak.




SLAP MIELIEPAP BOLLETJIES

mielieballetjies
SLAP MIELIEPAP BOLLETJIES
Oorskiet pap van ontbyt
1 eier
3 stukkies ham baie fyn opgesny
groot handvol cheddar kaas
Ina Paarman Green Onion
Ina Paarman Garlic and Herb en
Aromat na smaak
Vorm bolletjies en rol in meel. Bak tot goudbruin aan alle kante in baie vlak olyf olie in ‘n pan.

Resep en foto: Naudéa Visser




PAPBALLE

mieliepap balle Jorinatested

PAPBALLE
Ek het stywe pap gemaak so dat jy dit kan rol in balletjie. Laat afkoel en holtes in gemaak.
Ui, tamatie, geel-groen-rooi peppers, en spek saam gebraai met so bietjie gemengde kruie, holtes gevul daarmee, meng room met potato bake en oorgegooi en toe kaas oorgestrooi en in oond gebak @ 180 grade Celsius vir 30min.

papballe

Bron:  Sanché Vermaak

Anzel L Boshoff
Het ek stywe pap gemaak en ‘n blik sweetcorn by die pap gegooi. Het dit laat af koel en pap balle gemaak. Ek het ook die 250 ml room gevat en ook patato bake ( die bacon) gemeng en oor die pap balle gegooi. Gerasperde kaas en ook gebak tot ‘n goue bruin kleur. Oond was ook op so 180ºC




LEKKER MIELIEPAP

LEKKER MIELIEPAP
Ek het die maklikste resep ooit;  4,3,2,1=
4 koppies mieliemeel
3 koppies water
2 teelepels sout
1 pot
Dis vir krummelpap.
Vir stywe pap ruil die water en meel se hoeveelhede om.
Laat kook die water met sout in en voeg die meel by, roer en laat gaar word oor lae hitte.




GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT

GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT
2 – 3 koppies mieliemeel
500 ml kookwater
500 ml warm melk
kaas na smaak
heelpit mielies na smaak
5 – 10ml sout na smaak
Meng die mieliemeel, water, melk en die sout in die prutpot (slowcooker)
Ek sit al vroeg middag die pot aan op High, maar as jy wil kan jy al in die oggend dit begin op “High”, en later afdraai na “Low” of “Auto” toe.
Die prut dan heel dag, so roer maar net af en toe, en voeg nog vloeistof by indien nodig.
As pap reg is, voeg die kaas en mielies ook by en roer deeglik.
Laat staan op “Low” om warm te bly tot benodig.

Resep: Gillian Logan Bredenhann




MIELIEPAP MUFFINS


MIELIEPAP MUFFINS
(lekker by braaivleis)
Jy benodig (vir 6)
2 koppies mieliemeel
4 koppies water
1 teelepel sout
3 eetlepels olyfolie of botter
2 eiers
2 hande vol kaas, gerasper
4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
1 teelepel rooipeper
1 teelepel paprika
1 koppie heel mieliepitte
6 sondroogtamaties, gekap
12 kersietamaties, gehalveer

Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.
Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.
Wenk: Die muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi ’n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ’n geduldige resep dié

BRON: Jenny van der Westhuizen

 




MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK

mieliebroodjie in blikkies

MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
Ek koop vars suikermielies en sny pitte af. Het altyd gevries in vrieskas – dis net my man en ek. ‘n Pak suikermielies is te veel daarom vries ek liewer wat oorbly. Idee van tunablikkies het ook ontstaan omdat ‘n hele brood te veel is vir ons.

(Resep hoeveelheid is vir 2 broodjies)
3 eetlepels mieliepitte
3 eetlepels mieliemeel
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel gis
2 eetlepels gerasperde kaas
¼ teelepel sout
bietjie rooipeper

Meng met 50 ml louwarm water en knie paar minute. Laat 30 – 60 min in mikrogolf oond rus tot dubbel in volume. Knie effens en plaas in gesmeerde tunablikkies. Laat rys en bak ongeveer 7 min oond 180ºC.

 




MIELIEBROOD (MIKROGOLF OF OOND)

mieliebrood Brunhildatested
MIELIEBROOD (MIKROGOLF OF OOND)
Resep: Johanna Elizabeth Bradbury
Foto: Brunhilda Venter
FOOD LOVERS RECIPES
60 g botter, gesmelt
60 ml witsuiker – meng saam
2 eiers
½ blikkie (225 ml) geroomde suikermielies
250 ml (1 koppie) melk 
250 ml (1 koppie) mieliemeel
Sif  die volgende saam:
250 ml (1 koppie) koekmeel
15 ml bakpoeier
3 ml sout

Meng alles saam. Skep in gesmeerde mikrogolf-ringpan. Plaas op omgekeerde piering en mikrogolf 7 minute op HOOG (100% krag)
(Kan ook in gewone oond gebak word vir ±1 uur by 180°C.)

 




PAPTERT MET KAASKRULLE


PAPTERT MET KAASKRULLE
Ek het toe die naweek paptert met kaaskrulle gemaak, my familie het hul vingers afgeeet.
Braai saam:
1 pak spek, in blokkies gesny
1 groot uie, gekerf
1 bakkie sampioene, opgekerf
Voeg by:
1 – 2 pakke kaaskrulle fyn gedruk (pas aan na gelang van die hoeveelheid pap)
250 ml room
genoeg gaar slappap
Ekstra:
gerasperde kaas

Maak  genoeg slappap vir die aantal mense wat jy wil bedien,
Meng spekmengsel by, skep in ‘n oondbak, strooi gerasperde kaas oor en bak in oond (180°C) vir ± 20 min. Heerlik!
Foto: Wynand Van Huyssteen
Resep: Elize Gouws