

PAPTERT MET KAASKRULLE
Ek het toe die naweek paptert met kaaskrulle gemaak, my familie het hul vingers afgeeet.
Braai saam:
1 pak spek, in blokkies gesny
1 groot uie, gekerf
1 bakkie sampioene, opgekerf
Voeg by:
1 – 2 pakke kaaskrulle fyn gedruk (pas aan na gelang van die hoeveelheid pap)
250 ml room
genoeg gaar slappap
Ekstra:
gerasperde kaas
Maak genoeg slappap vir die aantal mense wat jy wil bedien,
Meng spekmengsel by, skep in ‘n oondbak, strooi gerasperde kaas oor en bak in oond (180°C) vir ± 20 min. Heerlik!
Foto: Wynand Van Huyssteen
Resep: Elize Gouws







geskuif