

SPOOKIE SE AARTAPPEL SLAAI
Skil genoeg aartappels en sny in blokkies
Smelt ‘n blok knoffel botter in die elektriese braaipan op lae hitte
As botter gesmelt is, plaas die blokkies aartappels in die gesmelte botter en roer goed deur, plaas elektriese braaipan se deksel op
Sny solank die pakkie bacon op soos snipper bacon of gebruik pakkie snipper bacon, sny solank jou
mushrooms (2pakkies) in repies en gooi die bacon en mushrooms by die aartappels in, roer goed deur
Gooi aromate oor na smaak en roer goed deur
Wanneer die aartappels begin sag raak gooi klein koppie room in en roer, laat prut vir so 5 min
Skep genoeg vir jouself want anders gaan jy verloor as die ander in die huis begin eet, geniet
Geplaas deur Dalynn De Beer Ras






