

4 BESTANDDELE PIESANGBROOD
500 g bruismeel, ek het nie gehad nie toe gebruik ek 3 koppies koekmeel met 3 hoogvol bakpoeier
1 blikkie kondensmelk
7 ryp piesangs
½ teelepel vanilla
Maak piesangs fyn met vurk, meng by al die ander bestanddele.
Klits goed.
Baie belangrik: dit moet gedoen word: laat rys vir 25 minute.
Spuit broodpan of nuffinpan, en bak in oond 180°C vir 35 minute.
Nou net vir die bottertjie op die brood.
Resep by my vriendin Belinda gekry.
Foto: Meisie Fuchs






