MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
Ek koop vars suikermielies en sny pitte af. Het altyd gevries in vrieskas – dis net my man en ek. ‘n Pak suikermielies is te veel daarom vries ek liewer wat oorbly. Idee van tunablikkies het ook ontstaan omdat ‘n hele brood te veel is vir ons.
(Resep hoeveelheid is vir 2 broodjies)
3 eetlepels mieliepitte
3 eetlepels mieliemeel
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel gis
2 eetlepels gerasperde kaas
¼ teelepel sout
bietjie rooipeper
Meng met 50 ml louwarm water en knie paar minute. Laat 30 – 60 min in mikrogolf oond rus tot dubbel in volume. Knie effens en plaas in gesmeerde tunablikkies. Laat rys en bak ongeveer 7 min oond 180ºC.








