POLENTA MET KRUIESOUS
Gebruik die vinnig gaarword polenta, maak aan soos aanwysings.
As polenta klaar gekook is sal die begin stol, dis dan wanneer die “magic’ begin!
Jy kan suurroom of griekse joghurt of vleis/hoender/groente aftreksel inmeng. Indien jy bogenoemde gebruik, moet jou water tydens mengproses daarmee verminder word.
Gekookte polenta is soos klei, jy kan dit in enige vorm maak, balle, koekies, stokkies, driehoeke, blokkies!
As dit klaargekook is en effens afgekoel is kan jy werklik enige iets in dit meng, verskeie soorte kase, neute, kruie en selfs vis of vleis.
As polenta klaar gekook en gegeur is moet die of gebak of gebraai word.
Tradisioneel word dit ook gewoon as bykos bedien.
Ek het hierdie kruiesous wat ek altyd by bedien as ek dit in die eenvoudige vorm opdien.
VARS KRUIESOUS
25 g botter
30 g koekmeel
50 ml beesvleisaftreksel
sout
2 ml varsgemaalde witpeper
knippie neutmuskaat
1 eiergeel
100 ml room
30 ml elk, fyngekapte pietersielie, orego, tiemie en salie.
Smelt botter oor matige hitte, voeg koekmeel by en kook liggies
Voeg aftreksel by en roer gereeld
geur met sout, peper en neutmuskaat en laat 20 min saggies prut.
Verwyder kastrol van hitte
meng eiergeel en room saam en voeg klein bietjies van warm witsous hierby.
Roer effens en voeg res stadig by terwyl jy roer.
Giet die sous deur ‘n fyn sif, verhit weer, maar moet nie kook nie, dit sal skif!
Voeg die vars kruie by en meng deur.
ENJOY!








