1

MIELIETERT MET VARIASIE

mielietert

MIELIETERT MET VARIASIE
2 blikkies suikermielies
4 eiers
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
knippie sout
1 teelepel bakpoeier

Meng alles saam in glasbak en bak teen 180°C tot goudbruin. Ek het gerasperde kaas ook ingesit en volgende keer sal ek gebraaide spek ook bysit.
Resep en foto:  Sonja Bredenhann




VOORTREFLIKE MIKROGOLF PAPTERT

paptert adamtestedmieliepap tert adam

VOORTREFLIKE MIKROGOLF PAPTERT
Vooraf:
Braai een pakkie gekapte bacon tot gaar.
Braai een pakkie gesnyde sampioene tot gaar.
1 blikkie tamatie en uie smoor gemeng met 1 pakkie Knorr garlic and red wine
Maak bogenoemde gaar in glasbakkie in mikrogolf vir ongeveer 2 minute.
1 blikkie gerookte oesters
2 koppies gerasperde kaas
200 ml mieliemeel
1 pakkie sour cream and chives patato bake (garlic and herbs net so lekker)
1 lt kookwater

Meng die pakkie patato bake vooraf met die mieleimeel. Neem kookwater en gooi in glas mengbak of mikrogolf vaste bak.
Voeg die meelmengsel by kookwater terwyl met draadklitser vinnig geklop word tot dik.
Mikrogolf die mengsel vir 4 minute op hoog. Roer goed met houtlepel.

Gou nou helfte van mieliepap in oondvaste diep tertbak. Gooi helfte van tamatiesmoor mengsel oor pap. Strooi nou helfte van bacon, sampioene en oesters en kaas bo-oor.
Herhaal alles.
Indien jy n combo mikrogolf, griller oond het kan jy dit vir 5 net onder griller verbruin. Kan ook in oond verbruin word onder griller.
Alles is reeds gaar, so die tert is sommer in n japtrap klaar en gereed om geëet te word.
Genoeg vir 4 ruim porsies.

Resep: Heiner Lange
Foto:  Adam Cloete
foto 2 :  Adam Cloete
Einde van die maand tekort aan bestanddele het my sommer laat gryp na wat ek het. Soos bruin uie sop in plaas van potato bake en sweet en sour sous in plaas van garlic en rooiwyn. Verder het ek gebakte wors stukkies in die tert gesit in plaas van bacon. Tert was bietjie slap toe hy nog warm was, maar deksels dit is lekker. Vandag nog lekkerder.

Die paptert is met geel mieliemeel gemaak en vir die vulsel het ek maalvleis op die stoof gaargemaak saam met al die ander bestanddele asook die tamatiesmoor. Dit was ‘n behoorlik gelaaide paptert.
Bron:  Adam Cloete




MIELIEPAPTERT

mieliepap tert

MIELIEPAPTERT
1 liter kookwater
3 ml sout
420 ml mieliemeel
Vulsel:
250 g spekvleis
150g (300ml) gekapte sampioene
25 ml olie
125 ml Cheddarkaas, gerasper
50 ml room
3 ml varsgemaalde swartpeper
knippie sout
50 ml olie

Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.

Vulsel:
Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom




MICROWAVE MIELIE BREAD

mieliebrood 2

MICROWAVE MIELIE BREAD
This recipe is enough for one but you might aswell
make 2, freezes well so there you go use other half of whole kernel corn for 2 nd batch.- heerlik !!

1 cup mieliemeel
1 cup cake flour
1 tin creamed mielies
½ tin whole kernel corn
½ cup milk
¼ cup sugar
3 teaspoons baking powder
3 eggs
¼ cup oil
1 teaspoon salt

Mix all together in single bowl. Spray microwaveable bread pan/ ring pan with spray and cook. Pour mixture in bowl. Place in microwave and bake for 14-15 min on high.
Turn out and smeer with real butter / or Butro while hot.
Enjoy , serve with real butter and golden syrup , tastes just as Grandma used to make it !
Ek het 2 x aangemaak vir hierdie hoor- geniet !

Source: Wilna Dorfling

 

 




PAP IN DIE MIKROGOLF

mikrogolf paptested

PAP IN DIE MIKROGOLF

MIELIEMEEL PAP
(Mikrogolf)
Gewone slap ontbyt mieliemeelpap:
2 Koppies water , 1 Eeetlepel margarien en1 teel. sout
Mikrogolf 4-minute op hoog, tot kookpunt.
Roer 1 koppie mieliemeel in, gebruik draadklitser i.p.v. vurk.
8 Minute op hoog (Deksel op vir stoom).
-Rina Kleinhans

Krummelpap:
Soos resep bo, maar meel en water verhouding is as volg:
2 Koppies water + 2 koppies mieliemeel
10 Minute op hoog, dan 10-minute medium-low (Deksel op vir stoom).
Roer met draadklitser of vurk.

Hawermoutpap
(Oats):
Gewone meel + water verhoudings (soos op pakkie aangedui), maar kook tot gaar sonder
deksel, plaas deksel terug vir staantyd, roer voor bediening.

-Sanchen

Foto en Idee:
Geraldine Chantel Combrink
Baie dankie vir die mikrogolf pap resep dit het heerlik uitgekom
1 lagie pap dan bacon en kaas toe nog n lagie pap en kaas oor en in oond gesit tot kaas gesmelt was heerlik heerlik

Ben Loraine Olivier
My resep vir pap in mikrogolf ek maak sommer vir my vir die hele week
4 koppies mielie meel
Sout na smaak
6koppies water
Sit in vir7 min haal uit en roer sit weer in vir 7 min roer weer sit terug vir 5 min pap gaar moet maar eksperimenteer hoe styf of slap die pap moet wees

 




SUIKERMIELIEPOFFERTJIES

suikermielie poffertjiestested

SUIKERMIELIEPOFFERTJIES
250 ml koekmeel
5 ml sout
30 ml margarien, gesmelt
5 ml ui, gerasper
420 g geroomde suikermielies
10 ml bakpoeier
1 ml rooipeper of magtige kerriepoeier
2 eiers, geskei
300 ml Cheddarkaas
olie vir vlakvetbraai, gerasper

Sif droë bestanddele saam. Voeg die margarien by. Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeel mengsel. Vermeng dit goed. Voeg die ui,kaas en suikermielies by en meng dit deeglik. Vou die styf geklitste eierwitte in. Skep teelepelsvol van die beslag in die warm olie en bak tot goudbruin. Dreineer dit goed.
Joey Badenhorst Lotter
Foto: Issie Snyman

Issie se nota:
Suikermieliepoffertjies in pan op stoof gaar gemaak trek te veel olie en is glad nie lekker nie daarom het ek die laaste deeg in muffen pannetjies gebak en hulle was baie lekkerder




MIELIEMEEL-KAASSTROOITJIES

MIELIEMEEL STRAWS

MIELIEMEEL-KAASSTROOITJIES
120 g spesiale mieliemeel
120 g meelblom
50 g mieliemeel
2 ml sout
5 ml suiker
2 ml rooipeper
7 ml bakpoeier
100 g botter
100 g cheddarkaas gerasper
100 ml melk (ongeveer)
1 eier
Paprika


Stel die oond op 180°C en smeer ‘n bakplaat. Meng al die droe bestandele. Vryf die botter en kaas met die vingerpunte goed in. Klits die melk en eier saam. Meng die vloeistof met die droe bestandele-net genoeg om ‘n redelike stywe deeg te vorm. Knie liggies, rol die deeg dun uit en sny in repies van 7mm breed en 50mmlank. Pak die repies op ‘n gesmeerde bakplaat en strooi ‘n bietjie paprika oor. Bak die repies vir ongeveer 10min in die voorverhitte oond. Laat staan om af te koel, haal uit die bakplaat en bere in ‘n digte houer. Die hoeveelheid deeg is voldoende vir ongeveer 100 kaasstrooitjies.
Resep geplaas deur -Rina Kleinhans

 




MIELIEMEEL ONTBYT POFFERTJIES

2013-06-21-mieliemeelpoffertjiestested

 MIELIEMEEL ONTBYT POFFERTJIES

BESTANDELE
4 middelslag uie in dun skyfies gsny
70g meelblom
120g mieliemeel
5ml sout
5ml mostertpoeier
7ml bakpoeier
250ml melk
250ml water
EIERS, TAMATIES EN SPEK OM MEE TE BEDIEN
Metode:
Soteer die uie en hou dit warm. Sif die meel, mieliemeel, sout, bakpoeier en mosterpoeier saam. Gooi die melk en water stadig by die droë bestandele en meng dit tot ‘n gladde deeg. Gooi die uie in die mengsel. Laat die beslag ‘n paar minute staan. Verhit ‘n bietjie olie in’n groot braaipan. Braai groot eetlepels vol van die deeg in die olie. Keer die poffertjies om as die blasies bars en die onderkant goudbruin is, braai die anderkant. Sit voor sam met eiers, tamatie en spek.

*Keur mieliegeregte*-Rina Kleinhans
Foto:  Benhet Niewenhuis

 




MIELIETERT

sweetcorn

MIELIETERT
60 ml suiker
60 ml botter gesmelt
60 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 Blikkies Sweetcorn
4 eiers

Meng alles saam in een bak. Gooi in oondvaste bak. Bak @ 180 grade vir plus/minus 45 minute.
Dit is ‘n baie lekker gereg vir ‘n braai.-

Resep geplaas deur Sarina Cronje




VISKOEKIES MET MIELIEMEEL

VISKOEKIES MET MIELIEMEEL
(8 viskoekies)
300 ml water
2 ml sout
50 ml mieliemeel
400 g stokvisfilette
150 ml water
2 loulierblare
2 peperkorrels
1 klein ui, gekap
3 ml gerasperde suurlemoenskil
10 ml tamatiepuree (opsioneel)
Knippie gemaalde swartpeper
3 ml sout
10 ml gekapte pietersielie
20 ml margarine
Olie vir vlakbraai

Kook die water, 2ml sout en mieliemeel oor lae hitte tot gaar. (ongeveer 30 min.)
Prut die vis in die water waarby lourierblaar, peperkorrels en ui gevoeg is, totdat dit gaar is en maklik met ‘n vurk vlok. Dreineer, maar behou die vloeistof. Verwyder die lourierblaar en peperkorrels. Vlok die vis.
Meng die gaar pap, gevlokte vis, suurlemoenskil, tamatiepuree, peper, sout, pietersielie en margarine. Voeg bietjie van die gaarmaakvloeistof by indien die mengsel te droog is. Laat afkoel.
Vorm 8 viskoekies en plaas in die koelkas vir 30min. Verhit olie in braaipan, en braai viskoekies 3-4min aan albei kante tot goudbruin. Sit warm voor.