Meng die pakkie patato bake vooraf met die mieleimeel. Neem kookwater en gooi in glas mengbak of mikrogolf vaste bak.
Voeg die meelmengsel by kookwater terwyl met draadklitser vinnig geklop word tot dik.
Mikrogolf die mengsel vir 4 minute op hoog. Roer goed met houtlepel.
Gou nou helfte van mieliepap in oondvaste diep tertbak. Gooi helfte van tamatiesmoor mengsel oor pap. Strooi nou helfte van bacon, sampioene en oesters en kaas bo-oor.
Herhaal alles.
Indien jy n combo mikrogolf, griller oond het kan jy dit vir 5 net onder griller verbruin. Kan ook in oond verbruin word onder griller.
Alles is reeds gaar, so die tert is sommer in n japtrap klaar en gereed om geëet te word.
Genoeg vir 4 ruim porsies.
Resep: Heiner Lange
Foto: Adam Cloete
foto 2 : Adam Cloete
Einde van die maand tekort aan bestanddele het my sommer laat gryp na wat ek het. Soos bruin uie sop in plaas van potato bake en sweet en sour sous in plaas van garlic en rooiwyn. Verder het ek gebakte wors stukkies in die tert gesit in plaas van bacon. Tert was bietjie slap toe hy nog warm was, maar deksels dit is lekker. Vandag nog lekkerder.

Die paptert is met geel mieliemeel gemaak en vir die vulsel het ek maalvleis op die stoof gaargemaak saam met al die ander bestanddele asook die tamatiesmoor. Dit was ‘n behoorlik gelaaide paptert.
Bron: Adam Cloete









