MIELIEPAP PIZZA’S
Rol pap in balletjies , druk plat en diepbraai vir 5 min. Sny boonste deel af en vul met gebraaide spek, sampioene en kaas. Bak in oond tot kaas gesmelt is
Bron en Foto: Christo Smal
What You’ll Need:
2 medium zucchini, quartered and thinly sliced
1 small onion, chopped
1/2 cup evaporated skim milk
2 eggs
1/4 teaspoon salt
1 (8.5-ounce) package cornbread & muffin mix
1/2 cup reduced-fat finely shredded sharp Cheddar cheese, divided Continue reading→


KRUMMELPAP
4 – 6 porsies
250 ml water
1 ml sout
500 ml mieliemeel
Bring water en sout tot kookpunt in ’n kastrol. Gooi mieliemeel in die middel van water en maak onmiddellik toe met ’n deksel. Die water moet byna heeltemal wegkook. Wanneer daar net ’n klein bietjie water in die kastrol oor is, roer jy die mieliemeel deur met ’n vurk – dis hoe die krummels vorm.
FOTO: Gideon Louw
Continue reading→
BIELIE MIELIEBROOD-net 3 bestandele met variasies
Eie resep – Hanta Henning
FOOD LOVERS RECIPES
600 g bruismeel
2 blikkies kondensmelk
2 blikkies geroomde mielies
Voorverhit oond teen 205 °C.
Meng die bestanddele saam.
Spuit of smeer ‘n groot boerbrood broodpan.
Sit beslag in die pan.
Bak vir 60 – 90 minute (hang af van tipe oond) tot toetspen skoon uitkom.
Nota: As jy ‘n klein broodpannetjie het, gebruik 400 g bruismeel en een blikkie elk van die ander bestanddele. Bak dan 45-60 minute. Continue reading→
MIELIEPAP BALLE MET VEGGIE BAKE
Ek het lekker stywe, en ek meen sommer stywe gaar mieliepap gevat, en nadat dit koud was het ek ‘n pakkie veggie bake daarin geroer met ‘n vurk en seker gemaak dit is lekker goed ingemeng, toe sny ek klein blokkies cheddar kaas. Vat nou genoeg pap vir ‘n lekker balletjie bietjie groter as ‘n golf bal, rol in bol en druk blokkie kaas binne in, rol weer mooi toe en pak in ‘n vuurvaste glas bak. nie te styf teen mekaar nie.
Wanneer al jou bolle klaar is, gooi gerasperde kaas oor en ‘n houertjie room. Bak by 200 ºC vir ongeveer 40 min of tot die room lekker dik is. As jou pap te slap is gaan die bolletjie plat le in die room. Dit was regtig yummies … probeer gerus.
Rina Kleinhans.
POLENTA VINGERS
Brush a 16 x 26cm (base measurement) slice pan with oil to lightly grease. Line the base and 2 long sides with non-stick baking paper, allowing the sides to overhang.
Place the water and stock cubes in a large saucepan over medium-high heat. Bring to the boil. Gradually add the polenta in a thin steady stream, whisking constantly, until combined. Reduce heat to medium and cook, stirring constantly with a wooden spoon, for 2 minutes or until the mixture thickens and the polenta is soft. Continue reading→
STAMPMIELIESLAAI – SAMP
2 koppies gaar stampmielies
½ groen soetrissie
½ koppie fyn gesnyde kool
¼ koppie fyn gerasperde wortel
¼ koppie sampioene klein gesny
1 koppie kersie tamaties, ¼ gesny of klein blokkies tamatie
¼ koppie sweet chilli sous
1 eetlepel bruinsuiker
Meng alles saam laat staan so 2 ure in koelkas sodat die stampmielies, die soussie se smaak kan kry!!
Verdun die sousie met bietjie asyn as dit te dik is!!
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot


HEERLIK VERBY PAPTERT
Gaar pap
Uie
Knoffel
Rissies
Pepperdews
Groen soetrissie
Kersie tamaties
Bietjie Jimmy sous
Bietjie suiker
Baba spinasie
Kaas Continue reading→
MIELIETERT MET SPEK
2 blikke 410 g geroomde suikermielies
250 g blokkies spek (Bacon)
60 ml koekmeel
50 ml suiker
4 eiers goed geklits Continue reading→


SUIKERMIELIE BRAAIGEREG
Resep by Tannie Hanna “Blom” gekry… het gou gaan pietersielie pluk vir my tertjies… (ek kry dit om die dood nie aani groei nie!)
1 blikkie suikermielies (sweetcorn)
2 eetlepels mieliemeel
1 teelepel bakpoeier
2 ml sout
250 ml melk
2 geklitste eiers
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
Meng alles saam, skep in kolwyntjiepanne, stip met margarien en bak 20 – 30 min of tot gestol by 190°C.
Sy’t dit bedien met ‘n mengelslaai en frikkadelle.
Bron: Wilma Josey Venter
Foto en nota: Martha Coetzee
Ek het dit probeer. Ek verkies mieliegereg bietjie soet. Ek het na 25 minute suiker oorgestrooi en stukkie botter op elke muffin gesit. Terug in oond vir nog so 5 minute. Smaak lekker, maar sou dit soet verkies het. (Verskoon asb hoe die pannetjie lyk, hy werk hard)
You cannot copy content of this page
