MIELIEPAP PIZZA’S

pap pizzatested

MIELIEPAP PIZZA’S

Rol pap in balletjies , druk plat en diepbraai vir 5 min. Sny boonste deel af en vul met gebraaide spek, sampioene en kaas. Bak in oond tot kaas gesmelt is

 

Bron en Foto: Christo Smal




ZUCCHINI CORN BREAD PIE

 

2014-06-20-zucchinicornbreadpie

What You’ll Need:
2 medium zucchini, quartered and thinly sliced
1 small onion, chopped
1/2 cup evaporated skim milk
2 eggs
1/4 teaspoon salt
1 (8.5-ounce) package cornbread & muffin mix
1/2 cup reduced-fat finely shredded sharp Cheddar cheese, divided

What To Do:
1. Preheat oven to 375 degrees F. Coat a 9-inch deep dish pie plate with cooking spray. Coat a skillet with cooking spray.
2. Heat skillet to medium heat. Saute zucchini and onion 3 to 4 minutes, or until zucchini is crisp-tender; set aside.
3. In a large bowl, beat together evaporated milk, eggs, and salt. Stir in muffin mix just until combined. Add zucchini mixture and 1/4 cup cheese; mix well, then pour into prepared pie plate and sprinkle with remaining cheese.
4. Bake 25 to 30 minutes, or until golden and a toothpick inserted in center comes out clean. Cut into wedges and serve
5. BRON- MR FOOD




KRUMMELPAP

krummelpap gideontested

KRUMMELPAP
4 – 6 porsies
250 ml water
1 ml sout
500 ml mieliemeel

Bring water en sout tot kookpunt in ’n kastrol. Gooi mieliemeel in die middel van water en maak onmiddellik toe met ’n deksel. Die water moet byna heeltemal wegkook. Wanneer daar net ’n klein bietjie water in die kastrol oor is, roer jy die mieliemeel deur met ’n vurk – dis hoe die krummels vorm.

FOTO:  Gideon Louw

Nou toe ek dink julle pap het mooi gekom ek dink ek sou ‘n goeie Valie wees en dit was heerlik ek het maar almal se raad gevat en n middeweg gedoen ek het my pap saam met skaapstertjies en wors ge eet en vroulief het ook n bromkool gereggie gemaak
So het ek die pap gemaak
1 koppie water
500 g mieliemeel
2 eetlepels botter
1 teelepel sout

Bring die water , sout en botter tot kookpunt
Gooi die meer stadig by die water in die middel van die kastrol sodat dit n hopie vorm
Sit die deksel op en moenie oplig nie kook op staaaadige hitte vir +- 15 min
Roer met n wyetoon vurk van buite na binne nie innie rondte nie tot krummels gevorm is
Plaas deksel terug en kook op baaaaaie stadige hitte vir nog 30 — 40 min
ek weet nie wat die kenners se en dink nie maar ek dink ek kwalifaai om noorde toe te trek heheheeeee!!
Ek het dit geniet saam met n blikkie warm gemaakte tamatie smoor wat ek saam met een gekerfde ui op stadige hitte warm gemaak het nadat ek die ui n bietjie gesmoor het




BIELIE MIELIEBROOD-net 3 bestandele met variasies

bielie mieliebroodtested

BIELIE MIELIEBROOD-net 3 bestandele met variasies
Eie resep – Hanta Henning
FOOD LOVERS RECIPES
600 g bruismeel
2 blikkies kondensmelk
2 blikkies geroomde mielies

Voorverhit oond teen 205 °C.
Meng die bestanddele saam.
Spuit of smeer ‘n groot boerbrood broodpan.
Sit beslag in die pan.
Bak vir 60 – 90 minute (hang af van tipe oond) tot toetspen skoon uitkom.
Nota: As jy ‘n klein broodpannetjie het, gebruik 400 g bruismeel en een blikkie elk van die ander bestanddele. Bak dan 45-60 minute.
Leanne Thurston Coetzer
Het die kleiner weergawe van die brood gemaak
Maklikste resep ooit en baie lekker.
500 g bruismeel
1 blik kondensmelk
1 blik creamed sweetcorn
Meng alles en sit in broodpan. Bak op 180ºC vir 45 minute.

mieliebrood Leanne

Lekker variasie
Dolores Potgieter
Ek mash 2-3 piesangs baie fyn en meng goed met kondensmelk, dan meng ek die mengsel met  ongeveer 500 g bruismeel, laat staan vir ½ uur en bak teen 180ºC tot gaar, ongeveer 30 min.
Nooit ‘n flop nie. Hoe sagte die piesangs hoe beter die smaak. pas perfek in ‘n mini brood pan.




MIELIEPAP BALLE MET VEGGIE BAKE

mieliepap balle met veggie baketested

MIELIEPAP BALLE MET VEGGIE BAKE
Ek het lekker stywe, en ek meen sommer stywe gaar mieliepap gevat, en nadat dit koud was het ek ‘n pakkie veggie bake daarin geroer met ‘n vurk en seker gemaak dit is lekker goed ingemeng, toe sny ek klein blokkies cheddar kaas. Vat nou genoeg pap vir ‘n lekker balletjie bietjie groter as ‘n golf bal, rol in bol en druk blokkie kaas binne in, rol weer mooi toe en pak in ‘n vuurvaste glas bak. nie te styf teen mekaar nie.

Wanneer al jou bolle klaar is, gooi gerasperde kaas oor en ‘n houertjie room. Bak by 200 ºC vir ongeveer 40 min of tot die room lekker dik is. As jou pap te slap is gaan die bolletjie plat le in die room. Dit was regtig yummies … probeer gerus.
Rina Kleinhans.




POLENTA VINGERS

 

2014-05-11-polentavingerstested

POLENTA VINGERS
Brush a 16 x 26cm (base measurement) slice pan with oil to lightly grease. Line the base and 2 long sides with non-stick baking paper, allowing the sides to overhang.

Place the water and stock cubes in a large saucepan over medium-high heat. Bring to the boil. Gradually add the polenta in a thin steady stream, whisking constantly, until combined. Reduce heat to medium and cook, stirring constantly with a wooden spoon, for 2 minutes or until the mixture thickens and the polenta is soft.

Remove from heat and stir in the parmesan and butter. Pour the mixture into the prepared pan and smooth the surface. Set aside for 30 minutes to cool. Cover with plastic wrap and place in the fridge for 4 hours or overnight to set.

Preheat oven to 200°C. Line the base of a large roasting pan with non-stick baking paper. Cut the polenta into 12 equal portions. Place, in a single layer, in the lined pan. Drizzle over the oil and sprinkle with the extra parmesan. Bake in oven for 15 minutes or until puffed and golden. Serve.

FOTO- Gideon Louw




STAMPMIELIESLAAI – SAMP

samp slaaitested

STAMPMIELIESLAAI – SAMP
2 koppies gaar stampmielies
½ groen soetrissie
½ koppie fyn gesnyde kool
¼ koppie fyn gerasperde wortel
¼ koppie sampioene klein gesny
1 koppie kersie tamaties, ¼ gesny of klein blokkies tamatie
¼ koppie sweet chilli sous
1 eetlepel bruinsuiker

Meng alles saam laat staan so 2 ure in koelkas sodat die stampmielies, die soussie se smaak kan kry!!
Verdun die sousie met bietjie asyn as dit te dik is!!
Resep en foto:  Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




HEERLIK VERBY PAPTERT

2014-04-20-papterttested
HEERLIK VERBY PAPTERT
Gaar pap
Uie
Knoffel
Rissies
Pepperdews
Groen soetrissie
Kersie tamaties
Bietjie Jimmy sous
Bietjie suiker
Baba spinasie
Kaas

Ons het die pap gemaak in pot tot gaar. Braai uie in braaipan – voeg die knoffel , russies pepperdews en soetrissie by en braai tot amper sag.
Voeg die cherry tamaties by – myne het sommer uit vrieskas gekom – sit bi
etjie water by. Laat lekker stoom.
Giet bietjie jimmy sous by met klein bietjie suiker en toe voeg ek die baba spinasie by. Sout en peper. Spuit asbak met bietjie spray ‘n cook. Pak laag pap onder in. Laag sous bo-oor met gerasperde kaas. Nog ‘n laag pap dan weer sous en dan weer kaas. Bak in oond tot kaas lekker bruin is
Resep en foto: Marietjie Nel




MIELIETERT MET SPEK

mielietert pietatested

MIELIETERT MET SPEK
2 blikke 410 g geroomde suikermielies
250 g blokkies spek (Bacon)
60 ml koekmeel
50 ml suiker
4 eiers goed geklits
Smeer ’n oondvaste bak en voorverhit die oond tot 180º C. Meng al die bestanddele saam en gooi in bak. Bak vir ’n uur of tot gaar. In die koolstoof het ek hom so een en ’n halfuur gehad.
Hy is ook lekker sonder die spek.

Nota:  Dit wat oorbly kan jy in die yskas sit en die volgende dag koud geniet. Gooi bietjie meer suiker so 20 ml by as jy nie (bacon) spek insit nie.

Resep:  Dirk Adendorff
Foto: Pieta van der Walt




SUIKERMIELIE BRAAIGEREG

SUIKERMIELIE BRAAIGEREG
Resep by Tannie Hanna “Blom” gekry… het gou gaan pietersielie pluk vir my tertjies… (ek kry dit om die dood nie aani groei nie!)
1 blikkie suikermielies (sweetcorn)
2 eetlepels mieliemeel
1 teelepel bakpoeier
2 ml sout
250 ml melk
2 geklitste eiers
1 koppie gerasperde Cheddarkaas

Meng alles saam, skep in kolwyntjiepanne, stip met margarien en bak 20 – 30 min of tot gestol by 190°C.
Sy’t dit bedien met ‘n mengelslaai en frikkadelle.
Bron: Wilma Josey Venter
Foto en nota: Martha Coetzee
Ek het dit probeer. Ek verkies mieliegereg bietjie soet. Ek het na 25 minute suiker oorgestrooi en stukkie botter op elke muffin gesit. Terug in oond vir nog so 5 minute. Smaak lekker, maar sou dit soet verkies het. (Verskoon asb hoe die pannetjie lyk, hy werk hard)