Ons het die pap gemaak in pot tot gaar. Braai uie in braaipan – voeg die knoffel , russies pepperdews en soetrissie by en braai tot amper sag.
Voeg die cherry tamaties by – myne het sommer uit vrieskas gekom – sit bietjie water by. Laat lekker stoom.
Giet bietjie jimmy sous by met klein bietjie suiker en toe voeg ek die baba spinasie by. Sout en peper. Spuit asbak met bietjie spray ‘n cook. Pak laag pap onder in. Laag sous bo-oor met gerasperde kaas. Nog ‘n laag pap dan weer sous en dan weer kaas. Bak in oond tot kaas lekker bruin is
Resep en foto: Marietjie Nel